Die Cholaryk (Tamil: சோழர், [t͡ʃoːɻɐɾ, soːɻɐɾ]), was 'n Middeleeuse seemag in Suid-Indië wat deur die Choladinastie geregeer is en uit oorsese domeine, protektorate en invloedsfere in Suidoos-Asië bestaan het. Die vroegste bekende verwysing na die Cholas is 3de-eeuse inskrifte tydens die bewind van Ashoka in die Mauryaryk. Onder Rajaraja I en sy opvolgers Rajendra I, Rajadhiraja I, Rajendra II, Virarajendra en Kulothunga Chola I was die Cholaryk 'n militêre, ekonomiese en kulturele moondheid in Suid- en Suidoos- en Oos-Asië.

duimnael|links|Die standbeeld van die Hindoegoed Sjiwa is in die huidige indiese deelstaat Tamil Nadu geskep duimnael|links|Die Brihadisvaratempel tydens die Hindoefees Maha Shivaratri Die Cholas se mag en prestige onder die politieke magte in Suid-, Suidoos- en Oos-Asië op hul hoogtepunt spruit uit hul ekspedisies na die Gangesvallei, vlootaanvalle op stede van Srivijaya op die eiland Soematra, en hul herhaalde sendings na die Chinese Keiserryk. Die Cholavloot het die hoogtepunt van die antieke Indiese maritieme kapasiteit gekenmerk. Teen 1070 het die Cholas byna al hul oorsese gebied begin verloor, maar die latere Cholas (1070–1279) het steeds dele van Suid-Indië beheer. Aan die begin van die 13de eeu het die Cholaryk agteruitgegaan met die opkoms van die Pandyadinastie wat uiteindelik tot die Choladinastie se ondergang gelei het.

Die Cholas het 'n gesentraliseerde regering en 'n gedissiplineerde burokrasie gevestig. Hul bevordering van Tamil-letterkunde en hul ywer vir die bou van tempels het van die grootste werke van Tamil-letterkunde en argitektuur opgelewer. Die Cholakonings was ywerige boumeesters en het tempels in hul koninkryke as beide plekke van aanbidding en ekonomiese aktiwiteite beskou. 'n Bekende voorbeeld van Chola-argitektuur is die Brihadisvaratempel in Thanjavur, nou 'n Unesco-wêrelderfenisgebied, wat die Rajaraja in 1010 in opdrag gegee het. Hulle is ook welbekend vir hul bevordering van kuns. Die ontwikkeling van die beeldhoutegniek wat in Cholabronsbeelde van Hindoe-gode gebruik is wat met 'n wasproses gegiet is, was baanbrekerswerk in hul tyd. Die Cholakunstradisie het in hul ryk versprei en die argitektuur en kuns van Suidoos-Asië beïnvloed.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geskiedenis van Bangladesj Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Geskiedenis van Indonesië Kategorie:Geskiedenis van Maleisië Kategorie:Geskiedenis van Mianmar Kategorie:Geskiedenis van Sri Lanka Kategorie:Geskiedenis van Thailand