Clark is 'n Sweedse TV-minireeks van ses episodes van 2022 met Bill Skarsgård in die naamrol. Dit is deur Netflix vervaardig en op 5 Mei 2022 uitgereik.

Die reeks is geskoei op die lewe van Clark Olofsson en sluit die gebeure in tydens die Norrmalmstorg-rooftog,Netflix-aankondiging wat tot die term Stockholmsindroom gelei het.

Rolverdeling

Bill Skarsgård as Clark Olofsson Kolbjörn Skarsgård as Clark op 7 Lukas Wetterberg as Clark die tiener Vilhelm Blomgren as Tommy Lindström Isabelle Grill as Madou Malin Levanon as Liz Hanna Björn as Maria Peter Viitanen as Sten Olofsson, Clark se pa Sandra Ilar as Ingbritt Olofsson, Clark se ma Christoffer Nordenrot as Jan-Erik Olsson Alicia Agneson as Kristin "Kicki" Ehnmark Alida Morberg as Sussi Korsner

Musiek Musiek vir die reeks is gekomponeer deur Mikael Åkerfeldt van die metalgroep Opeth. Hy het ook die rol van 'n gevangene in episode 2 vertolk. Tobias Forge, die sanger en liedjieskrywer van die Sweedse groep Ghost, vertolk die klein rol van 'n vioolspeler in episode 6. Amalie Bruun van die groep Myrkur vertolk die rol van 'n lid van die revolusionêre groep in episode 5.

thumb|290px|links|'n Reklameveldtog in Stockholm vir Netflix se TV-reeks Clark. Regs op die plakkaat agter is Bill Skarsgård in die naamrol.

Ontvangs Die minireeks het hoofsaaklik positiewe resensies gekry. Op Rotten Tomatoes was 85% van die resensies positief. Imogen West-Knights het ’n gemengde resensie in The New Statesman geskryf waarin sy veral Skarsgård se spel geprys het, terwyl sy krities was oor die reeks se “vinnige tempo en toonverskuiwings”.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Televisiereekse