Die O.J. Simpson-moordverhoor amptelike bekend as "People of the State of California v. Orenthal James Simpson", was 'n strafregtelike verhoor in 1994/1995 in Los Angeles waarin die voormalige NFL-speler en akteur O.J. Simpson aangekla is van moord op sy eksvrou Nicole Brown Simpson en haar vriend Ron Goldman. Die verhoor het van 24 Januarie tot 3 Oktober 1995 geduur en is wyd beskryf as die "verhoor van die eeu".
Agtergrond Op 12 Junie 1994 is Nicole Brown Simpson en Ron Goldman dood aangetref buite Nicole se woonstel in Brentwood, Los Angeles. Albei is meerder kere gesteek. O.J. Simpson, Nicole se eksman, het die hoofverdagte geword. Op 17 Junie 1994, nadat hy homself nie oorgegee het nie, het Simpson se berugte stadige jagtog in 'n wit Ford Bronco op die snelweë van Los Angeles plaasgevind, regstreeks deur helikopters uitgesaai. Hy is daarna gearresteer en van die dubbele moord aangekla.
Verhoor Die verhoor het op 24 Januarie 1995 voor regter Lance Itol begin. Die staatsaanklaers was Marcia Clark en Christopher. Simpson se verdedigingspan, wat die media die "Dream Team" genoem het, het bestaan uit Johnnie Cochran, Robert Shapiro, Robert Kardashian, F.Lee Bailey, Alan Dershowitz en Berry Scheck.
Belangrike getuienis "DNA-bewyse": Die aanklaer het staatgemaak op bloedbewyse wat by die misdaadtoneel, in Simpson se Bronco en by sy huis gevind is. DNS-toetse het getoon die bloed pas by Simpson, Nicole en Goldman. "Die handskoen": 'n Bloedbevlekte leerhandskoen is by die misdaadtoneel gevind, en die paar daarby by Simpson se huis. Tydens die verhoor het Simpson gesukkel om die handskoen aan te trek in die hof, wat gelei het tot Cochran se beroemde stelling: "If it doesn't fit, you must acquit."
Uitspraak Op 3 Oktober 1995 het die jurie Simpson na minder as vier uur se beraadslaging onskuldig bevind op albei aanklagte van moord. Die uitspraak is regstreeks na raaming deur 150 miljoen mense wêreldwyd gekyk. Meningspeilings het getoon die Amerikaanse publiek was skerp oor raslyne verdeeld oor die uitspraak.
Nadraai Hoewel Simpson strafregtelike vrygespreek is, het families van Nicole Brown Simpson en Ron Goldman hom siviel gedagvaar vir onregmatige dood. In Februarie 1997 het 'n siviele jurie hom aanspreeklik bevind en $35,5 miljoen skadeloosstelling aan die families toegestaan.
Verwysings
Kategorie:Moord