Berner Sport Club Young Boys (afkorting: YB) is ’n Switserse professionele sportklub gebaseer in Bern. Sy sokkerspan het die Switserse ligakampioenskap 17 keer gewen en die Switserse Beker 8 keer gewen. YB is een van die suksesvolste Switserse sokkerklubs internasionaal en het die halfeindronde van die Europabeker in die 1958/59-seisoen bereik.
Die klub is in 1898 gestig. Sy naam was bedoel om dié van die Basel-gebaseerde klub Old Boys na te boots.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Switserse sokkerklubs