Kristen Mary Jenner (gebore "Houghton" , 5 November 1955) is 'n Amerikaanse mediapersoonlikheid, sakevrou, televisie vervaardiger en bestuurder. Sy is die matriarg van die Kardashian-Jenner familie en het bekend geword as uitvoerende vervaardiger en ster van die werklikheidsreeks Keeping Up with The Kardashians (2007-2021). Sy verskyn tans in The Kardashians op Hulu en Disney+. Jenner word dikwels die "momager" genoem weens haar rol as bestuurder van haar ses kinders se loopbane.

Verwysings