Die Maratharyk (Marathi: [məˈɾaːʈʰaː]), oftewel die Marathakonfederasie, was 'n vroegmoderne politieke entiteit op die Indiese subkontinent. Oor die grootste deel van sy bestaan het dit uit die ryke van die peshwa en vier groot onafhanklike Marathastate bestaan onder die nominale leierskap van eersgenoemde en nominale lojaliteit aan die Chhatrapati's wat opvolgers van Shivaji was.
duimnael|links|'n Maratha-darbar of hof duimnael|links|Peshwa Madhavrao II in sy hof in 1790, waar hy 'n verdrag met die Britte gesluit het Die Marathas was 'n Marathisprekende krygergroep vanuit die westelike Deccanhoogland (die huidige Indiese deelstaat Maharashtra) wat na vore getree het onder die leierskap van Shivaji (in die 17de eeu), nadat hy in opstand gekom het teen die Sultanaat Bijapur en die Mogolryk om die Hindavi Swarajya (selfbeskikking van Hindoes) te verwerklik. Die Mogolkeiser Aurangzeb se godsdienstige beleid het nie-Moslems vervreemd laat voel en ná die Marathaopstand was hy 'n groot hoeveelheid van sy manne en skatte kwyt. Die Maratharegering het ook krygers, administrateurs en ander adellikes van ander Marathigroepe ingesluit. Shivaji se monargie, waarna as die Marathakoninkryk verwys word, is in die 18de eeu onder die leierskap van peshwa Bajirao I tot 'n groot ryk uitgebrei. Soortgelyk aan ander destydse Indiese entiteite het die Marathas onder Shahu I die Mogolkeiser as hul nominale suserein erken, hoewel in praktyk groot dele van die Mogolbeleid tussen 1737 en 1803 deur die Marathas beheer is.
Ná Aurangzeb se dood in 1707 het Shivaji se kleinseun, Shahu, onder die leierskap van peshwa Bajirao die Marathamag laat herleef en baie gesag aan die Bhatfamilie toevertrou, wat erflike peshwas (eerste ministers) geword het. Ná sy dood in 1749 het hulle as 't ware die leiers geword. Die gesaghebbende Marathafamilies – Scindia, Holkar, Bhonsle en Gaekwad – het hulle veroweringe na die noordelike en sentrale Indië uitgebrei en meer onafhanklikheid verkry. Die Marathas se vinnige uitbreiding is stopgesit nadat hulle in 1761 tydens die veldslag van Panipat deur die Durraniryk verslaan is. Onder die leierskap van peshwa Madhavrao I het die Marathas tien jaar later egter daarin geslag om die meeste van hul verlore grondgebied te herwin. Met sy dood het die peshwas se effektiewe gesag oor ander opperhoofde in die ryk uiteindelik tot 'n einde gekom. Nadat hy in 1802 deur die Holkardinastie verslaan is, het peshwa Baji Rao II beskerming gesoek deur die Britse Oos-Indiese Kompanjie, wat in 1818 die konfederasie met hul ingryping ná die Tweede en Derde Anglo-Marathaoorloë vernietig het.
Die Marathastaat se struktuur was 'n konfederasie van vier leiers onder leierskap van die peshwa in Poona (nou Pune) in Wes-Indië. Hulle was die Scindia, die Gaekwad in Baroda, die Holkar in Indore en die Bhonsle in Nagpur. Die grense van die konfederasie het ná die Slag van Bhopal in 1737 gestrek uit die huidige deelstaat Maharashtra in die suide tot Gwalior in die noorde, tot Odisha in die ooste oftewel 'n derde (2,5 miljoen km²) van die Indiese subkontinent.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Geskiedenis van Pakistan