Die Londense simfonieë – ook soms die Salomon-simfonieë genoem, met verwysing na Johann Peter Salomon wat Londen aan Joseph Haydn voorgestel het – is tussen 1791 en 1795 deur Joseph Haydn gekomponeer. Hulle kan in twee groepe verdeel word:
simfonieë nos. 93–98, wat tydens Haydn se eerste besoek aan Londen gekomponeer is, en simfonieë nos. 99–104, wat in Wene en Londen vir Haydn se tweede besoek gekomponeer is.Feder, G. [in Duits]; Webster, J. (24 April 2024) [20 January 2001]. Haydn, (Franz) Joseph. Grove Music Online (agtste uitgawe.). Oxford University Press. DOI:10.1093/gmo/9781561592630.article.44593.
Franz Joseph Haydn (1732–1809) Joseph Haydn word dikwels die "Vader van die Simfonie" genoem. Hy is een van die pilare van die Klassieke tydperk in Westerse kunsmusiek, en het as kind reeds musikale bekwaamheid getoon. Sy loopbaan het stadig vorm begin aanneem, van koorskool tot klein musikale werkies, en uiteindelik in diens van die Esterházy-familie. Dié adellike en welgestelde familie was 'n belangrike musikale gevestigde orde, en dit was hiér waar Haydn by uitstek gekomponeer het en uiteindelik die pos van musiekdirekteur beklee het.
Weens sy posisie aan die Esterházy-hof (wat 'n hele ent van Wene gesetel was) was Haydn ietwat verwyderd van die omliggende musikale tendense van stede soos Wene. Dit het tot gelyktydige vryheid en druk gelei, wat Haydn die geleentheid gegee het om sy eie kreatiwiteit en oorspronklikheid te ontwikkel. Haydn het die Esterházy-hof uiteindelik verlaat toe hy sy twee reise na Londen onderneem het, waar hy van sy bekendste werke sou komponeer.
Ná sy sukses in Londen het Haydn sy laaste jare in Wene deurgebring, waar hy voortgegaan het om misse en sommige van sy belangrike werke soos Die skepping (1798) te komponeer. Haydn se algehele uitset was uiters invloedryk, bloot deur die groot aantal werke wat hy gekomponeer het. Hy was 'n ikoon van die Klassieke tydperk, en sy werke het die kenmerke van die era verpersoonlik, soos helderheid en balans. Latere komponiste, soos Mozart en Beethoven, het sy belangrikheid en invloed erken.
Haydn se eerste reis na Londen Haydn is deur Johann Peter Salomon ontbied en meegedeel dat hy na Londen sou gaan. Haydn self het al voorheen daaraan gedink om na Londen te gaan en gesê dat simfonieë 76 tot 78 vir die Engelse here gekomponeer is, en dat hy van plan was om hulle self na Engeland te neem en uit te voer. Londen was nogal kosmopolities en het 'n aktiewe musiektoneel gehad, wat verryk is deur 'n stroom kunstenaars uit die buiteland. Haydn het in 'n chaotiese professionele lewe gedompel, fortepianolesse gegee, konserte met koninklike uitnodigings gereël, en kooruitvoerings in Westminster Abbey. Dit was hierdie onderdompeling in die Londense musiekkultuur wat ook sy komponeerwerk begin inspireer het.
Die eerste ses Londense simfonieë (nos. 93 tot 98) is tussen 1791 en 1792 gekomponeer en gepremièreer (nos. 95 en 96 in 1791, ten spyte daarvan dat 93 en 94 toe reeds voltooi was. Die werke is oor die algemeen positief ontvang, met konsertwinste byna dubbeld soveel as wat hom belowe is. Die simfonieë is as groot produksies beskou wat enige van Haydn se vorige uitvoerings oortref het. As gevolg van hierdie sukses het Salomon en Haydn ooreengekom dat Haydn, ná die einde van die 1791-seisoen, nóg 'n jaar lank sou bly.
Haydn se tweede reis na Londen Tussen die komponering van simfonieë 98 en 99 het Haydn gereis en gekomponeer, weer konserte van sy bestaande werke gegee, en die bestaande Londense simfonieë is deur ander geselskappe begin uitvoer. In 1793 het hy no. 99 voltooi en aan no. 100 en 101 begin werk – alles voor sy terugkeer na Londen. In Januarie 1794 het Haydn na Londen teruggekeer om simfonie 99, 100 en 101 in Februarie en Maart van daardie jaar te premièreer. Terwyl hy voortgegaan het om die res van sy simfonieë te premièreer (uiteindelik tot by no. no. 104), het sukses en lof ingestroom. Salomon het egter van Haydn se reise onttrek en beweer dat dit moeilik was om kunstenaars van oorsee te vind, maar Haydn se sukses het ten spyte van Salomon se vertrek voortgeduur.
Ontvangs en terugvoer van die gehoor Hoewel Haydn 'n mate van isolasie gedurende sy tyd aan die van Esterházy-hof ervaar het en dit hom in staat gestel om sy eie kreatiwiteit en styl te ontwikkel, het hy ook terugvoer van die Engesle gemeenskap en gehoor gekry. Dit is vanselfsprekend dat die voorkeure van Engelse konsertgangers van sommige van Haydn se eie voorkeure verskil het. Dus het 'n wederkerige verhouding begin ontwikkel: Haydn is verder deur die gehoor gevorm, en sy musiek het op sy beurt die gehoor gevorm.
Terwyl hy aan die Esterházy-hof was, het Haydn homself bevind as komponis en kurator van opvoerings vir die adelstand, wat in skrille kontras gestaan het met die Londense gehoor, wat uit die middel- tot hoërmiddelklas bestaan het. Die konserte het meer akkommoderend geword vir 'n breër publiek, met luisteraars wat meer van die uitopvoerings verwag het as bloot vermaak. Haydn was nie onbewus van wat kritici oor sy werke gesê het nie, aangesien hy briewe en ander kommentaar van hulle versamel het om uit gelaat het.
Simfonie no. 95 is die enigste van die Londense simfonieë wat nie 'n stadige inleiding het nie, in teenstelling met die ander elf simfonieë in die versameling. Londense gehore het no. 95 egter nie goed ontvang nie, en Haydn hierdie benaderings in toekomstige simfonieë vermy. Ná dié effense terugslag het Haydn egter weer die goedkeuring van die gehoor begin geniet, wat hom toegelaat het om meer vryheid in sy werke in te sluit. Haydn se Londense simfonieë weerspieël nie net die artistieke volwassenheid van sy latere loopbaan nie, maar ook 'n aktiewe bewustheid en inagneming van die verwagtinge van sy gehoor.
Die volledige besonderhede van die Londense simfonieë word hier onder weergegee. Weens die Engelse aard daarvan, word die Engelse byname behou.
Simfonie no. 93 in D-majeur (1791) Simfonie no. 94 in G-majeur, "Surprise" (1791) Simfonie no. 95 in C-mineur (1791) Simfonie no. 96 in D-majeur, "Miracle" (1791) Simfonie no. 97 in C-majeur (1792) Simfonie no. 98 in B majeur (1792) Simfonie no. 99 in E majeur (1793) Simfonie no. 100 in G majeur, "Military" (1793–1794) Simfonie no. 101 in D-majeur, "The Clock" (1793–1794) Simfonie no. 102 in B-mol-majeur (1794) Simfonie no. 103 in E-mol-majeur, "Drumroll" (1795) Simfonie no. 104 in D-majeur, "London" (1795)
Verwysings