Roebin Kazan (Russies: ФК Рубин Казань) is ’n professionele sokkerklub uit Rusland, gebaseer in die stad Kazan. Die span speel in die Russiese Premierliga. Roebin is in 1958 gestig en het sy eerste seisoen in die hoogste liga in 2003 gespeel. Die klub het daar gebly tot en met die 2021/22-seisoen, en het die Russiese Premierliga-titel gewen in 2008 en 2009. Na een seisoen in die tweede liga het die klub in die 2023/24-seisoen na die Premierliga teruggekeer. Die klub het ook die Russiese Beker in 2011/12 gewen. Die span speel sy tuiswedstryde in die Ak Bars Arena.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Russiese sokkerklubs