duimnael|USAAF Lockheed B-34 Die Lockheed Ventura is ’n tweemotorige mediumbomwerper en patrolliebomwerper van die Tweede Wêreldoorlog.

Die Ventura is in laat-1942 vir gevegsoperasies in Europa as ’n bomwerper deur die Britse Koninklike Lugmag (RAF) in gebruik geneem. Die vliegtuig is die PV-1 deur die Amerikaanse Vloot genoem en het in 1943 in die Stille Oseaan tot die geveg toegetree. Die bomwerper is ook gebruik deur die United States Army Air Forces (USAAF), wat dit die Lockheed B-34 (Lexington) en die B-37 (as opleidingsvliegtuig) genoem het. Die Britse gemenebesmagte het dit ook in verskeie rolle gebruik, insluitende vir oorlogvoering teen skepe en die opsporing en aanval van duikbote. duimnael|USAAF Lockheed B-37 duimnael|Lockheed Ventura GR Merk V’s van die SALM se 22 Eskader Die Lockheed Ventura was ’n militêre ontwikkeling van die Lodestar-transportvliegtuig en is oorspronklik ingevolge ’n bestelling van die Britse regering ontwerp en vervaardig. Die eerste Ventura I het op 31 Julie 1941 gevlieg en Merk I-weergawes is in 1942 as mediumbomwerpers deur die Britse Lugmag in gebruik geneem. Hulle het vier masjiengewere in die neus gehad en twee of vier gewere in ’n koepel op die rug en twee gewere op die buik gehad wat agtertoe vuur; altesaam 188 is vervaardig.

Die Merk I is deur die Ventura II en IIA vir die Britse Lugmag gevolg. Hierdie variante is ingevolge Amerikaanse kontrakte deur Vega geproduseer en is op ’n bruikleengrondslag aan die Britse bomwerperkommandement verskaf, met die benaming B-34.

Volgende aan die beurt was die Merk III (VSA-benaming O-56, later B-37), maar net 18 is afgelewer. Die finale variant was die PV-1, wat hoofsaaklik as ’n patrolliebomwerper vir die Amerikaanse Vloot vervaardig is. Dit het ’n omhulde neus, toegerus met twee vaste masjiengewere gehad. Altesaam 1600 PV-1’s is geproduseer, waarvan 388 op ’n bruikleengrondslag as Ventura IV’s of GR.V’s aan die kuskommandement van die Britse Lugmag afgelewer is. Hierdie vliegtuie het wydverspreide diens met verskeie gemenebes-lugmagte gesien. Die totale Ventura/B-34/PV-produksie het uit 2475 vliegtuie bestaan.

Operasionele gebruik

SALM-B-34’s B-34 Ventura II-vliegtuie het in 1942 by Lugmagstasie Brooklyn (later bekend as Lugmagbasis Ysterplaat) begin aankom. In 1946 het die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) besluit om 62 B-34 Venturas te hou. Hierdie vliegtuie is soos volg toegewys: 21 Eskader en 60 Eskader by Lugmagbasis Swartkop, 24 Eskader by Bloemspruit en die bomwerping-en-skietoefen-en-lugnavigasieskool by Langebaanweg. Die laaste B-34 het vanaf Bloemspruit gevlieg toe 24 Eskader gesluit is.

Lockheed B-34 Ventura II konstruksienommer 137-4642 Die Ventura II met die konstruksienommer 137-4642 het die reeksnommers AJ504 in die Britse Koninklike Lugmag (RAF) en 6112 in die Suid-Afrikaanse Lugmag gehad.

Die Ventura met die reeksnommer 6112 word hieronder op 9 Februarie 2003 by SALM-museum Swartkop geïllustreer. In die nabyfoto kan die dowwe reeksnommer 6112 en die kodeletters AR gesien word.

SALM-PV-1’s Die SALM het in 1946 besluit om 86 Lockheed PV-1 Ventura Merk V-patrolliebomwerpers te hou. Die kuseskaders, naamlik  17, 22 en 27 Eskader, het die PV-1’s gebruik. Venturas van 22 Eskader het op 1 November 1958 by 35 Eskader aangesluit en het die B-vlug van die eenheid gevorm. Hierdie vliegtuie het die vliegopleidingsfase van die navigators vir die Lugnavigasieskool onderneem en is teen 1960 uitgefaseer. Sommige van die PV-1’s was in diens van die SALM tot 1959.

Venturas van die SAL-vakleerlingskool Die vakleerlingskool van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Lockheed PV-1 Venturas vir die opleiding van vakleerlinge gebruik. TS-nommers (Tegniese Skool-nommers) is aan die Venturas toegeken. Min van hulle het hulle vorige merke opgehad. Hulle het almal oranje stertvinne en swart of blou “vlieënde springbokke” gehad en sommiges het blou enjinkappe gehad. Een het in ’n stadium ’n gedeeltelike SAL-kleurskema en nog een ’n feitlik volledige skema (kompleet met geverfde lynvliegtuigvensters) gehad. Hierdie Venturas was van TS302 tot TS307 genommer. Die besonderhede wat hieronder weerspieël word, is by twee verskillende geleenthede (insluitende een op 6 Mei 1977) deur Dave Becker bevestig. Let daarop dat die inligting in Brent 2005 in sekere opsigte verskil van dié wat hieronder weergegee word.

TS302: Volledige SAL-skema, gebruik as ’n kajuitlaaiopleidingsvliegtuig TS303: Kon.-no. 5865; ex-VSA-vloot BuNo 34965; gebruik as ’n kontrole-instellingopleidingsvliegtuig; naam Sleep John B; reeksnommer in swart op agterdeel van romp TS304: Kon.-no. 6059, moontlik ex-6473 (Let wel: Volgens Brent 2005 is dit egter 6476); kode GZQG; ex BuNo 48823; naam Baltimore Babe; niestandaard- ekstra syvenster op neus TS305: ex-SALM-radioroepsein MFSMB; BuNo 34659, 34859 of 34959; naam Moeras Padda; wapens – passer en tier op die neus; moontlik SALM 6447 (Brent 2005 = BuNo 34965) TS306: Kon.-no.6290, ex 6498; radioroepsein MFSMR; BuNo 49474; volledigste van die ses vliegtuie; naam Jane; gebruik vir die ambagstoetsing van vakleerlinge TS307: Kon.-no.6295, ex 6525, radioroepsein MFSGT; BuNo 49479; enjins, neus en die grootste deel van bakboordromp verwyder; gebruik vir lugraaminstruksie

Die hele gedeelte hierbo is op Aviation Society of Africa Julie 1977 en Brent 2005 gegrond. Latere gebeure

TS302: SALM 6423, RAF FP564; Whitehills Radio Flyers Club TS303: SALM 6447, RAF FP682; vertoon by SALM-museum Ysterplaat TS304: SALM 6476, RAF JT808; in modulêre vorm omskep en gedurende 1983 opgesny TS305: SALM 6432, RAF FP607; vertoon by Edenvale MOTHS TS306: SALM 6498, RAF JT867; vertoon by SALM-museum Swartkop TS307: SALM 6525, RAF JT872; romp by Burgerlike Lugvaart, Johannesburg Internasionale Lughawe

Hierdie paragraaf is op Winged Springboks en Brent 2005 gegrond.

Individuele Ventura PV-1-konstruksienommers Konstruksienommer 237-5409 Die Lockheed PV-1 Ventura Merk V met die reeksnommer 6426 is in 1943 onder VSA BuNo 33400 en met ook die Britse Koninklike Lugmag die reeksnommer FP996, gebou. Die vliegtuig stort neer op die plaas Rietvallei (377) ( naby die Rietvleidam, buite Pretoria op 9 Oktober 1943, tydens die vliegtuig se afleweringsvlug.

Konstruksienommer 237-5649 Die Ventura met die reeksnommer 6432 is vir vertoning na die Marais Steyn-park in Edenvale naby Johannesburg verskuif. Die SAL en die SALM-museum het die vliegtuig tot statiese vertoon- toestand gerestoureer. Hierdie skroefvliegtuig is in September 1943 aan 23 Eskader van die SALM afgelewer en het die radioroepsein MFSMB gehad. Dit is in Augustus 1955 vir BBP-take omskep en is in November 1958 aan diens onttrek. Die masjien is sedert 1961 (toe hy aan die SAL verkoop is) tot sy restourasie in 1985 in die vakleerlingskool van die SAL by Jan Smuts-lughawe gebruik. Die SALM-museum het verskeie ontbrekende onderdele uit sy groot voorraad Ventura-dele geskenk om nommer 6432 tot sy glorieryke oorlogtydse voorkoms te restoureer.

Die Lockheed PV-1 Ventura met die reeksnommer 6432 het die konstruksienommer 237-5649 en die BuNo 34759. Die vliegmasjien was voorheen TS305 by die SAL-vakleerlingskool en FP607 in die Britse Koninklike Lugmag.

In die meegaande foto’s word die masjien op verskillende datums by die MOTHS in Edenvale gesien.

Konstruksienommer 237-5855 Die Lockheed PV-1 Ventura met die reeksnommer 6447 is in 1943 as ’n Lockheed 37 PV-1 Ventura GR.5 met die BuNo 34965 en die konstruksienommer 237-5855 gebou. Hy het in die Britse Koninklike Lugmag die reeksnommer FP682 gehad. Van 6 November 1943 tot 23 Augustus 1945 is die vliegtuig deur 25 Eskader bedryf. Daarna het die masjien na 23 Eskader, 1 Lugdepot, 3 Lugdepot en 10 Vleuel gegaan. Dit is in September 1944 by Fisantekraal getoets. Van 23 Augustus 1945 tot 24 Januarie 1958 is die skroefvliegtuig op die pendeldiens tussen Pretoria en Kaïro gebruik. Tussen Januarie en Maart 1958 is die vliegtuig van die SALM-boeke geskrap en aan die SAL verkoop (dit is as instruksielugraam met die reeksnommer TS303 deur die SAL gebruik). Tussen 27 Oktober 1988 en 10 Mei 1990 is die masjien agter ’n voorhaker gesleep en het op 3 November 1988 by Lugmagbasis Ysterplaat aangekom, en daar is met die restourasie van die vliegtuig begin. Die Ventura het op 11 Mei 1990 uit die verfwinkel gekom en die vyfde vertoonvliegtuig by SALM-museum Ysterplaat geword.

Die inligting in hierdie paragraaf is van inligtingsborde langs die vliegtuig in SALM-museum Ysterplaat bekom.

Die foto’s van die Ventura met die reeksnommer 6447 hieronder is op 2 Desember 2005 by SALM-museum Ysterplaat geneem.

Konstruksienommer 237-6219 Die vliegtuig is in 1944 as BuNo 49403 vir die Amerikaanse Vloot gebou. Daarna is dit met die reeksnommer JT861 deur die Britse Koninklike Lugmag gebruik. Vervolgens is dit as reeksnommer 6487 deur die SALM bedryf. In SALM-diens het die skroefvliegtuig diens met 29 Eskader by Darling gedoen (radioroepsein MFSFD). Later is die vliegtuig in ’n BBP-weergawe omskep en is vanaf Julie 1946 deur die BBP-vlug van 28 Eskader gebruik. Die masjien is van Julie 1946 tot Mei 1948 deur generaal JC Smuts gebruik en het later die naam Klein Tierberg gekry. Die Ventura het op 27 September 1960 na 15 Lugdepot gegaan en is op 14 Mei 1970 van die SALM se boeke geskrap. Die volgende eienaar van die vliegmasjien was die Suid-Afrikaanse Mediese Korps-opleidingsentrum, waar dit as grondopleidingsvliegtuig vir die laai van ongevalle in vliegtuie gemodifiseer is. Die opleidingskool van die Suid-Afrikaanse Mediese Korps het op 2 November 1973 die Lockheed PV-1 Ventura met die reeksnommer 6487 aan die Suid-Afrikaanse Lugmag-museum aangebied (dit was die SALM-museum se eerste vliegtuig). Loodsnommer 13 by Lugmagstasie Snake Valley naby Pretoria is as museumstoorfasiliteit beskikbaar gestel.

Konstruksienommer 237-6290 Die Lockheed PV-1 Ventura Mk V met die reeksnommer 6498 het die konstruksienommer 237-6290 en het die lewe as BuNo 49474 van die Amerikaanse Vloot begin. Hy het ook die reeksnommer JT867 in die Britse Koninklike Lugmag gehad. As SALM-vliegtuig het hy in ’n stadium die kode MS-R gehad (“MS” was die kode vir 17 Eskader).

Verwysings