Die Elandsberge is 'n bergreeks noord van Patensie in die Kouga Plaaslike Munisipaliteit van die Oos-Kaap. Dit is in die suidooste van die Kaapse Plooigordel, en die Vanstadensberg is 'n oostelike uitloper daarvan. Dit bereik 'n hoogte van 987 m.Atlas of Southern Africa (1984), Reader's Digest Association,
Die Elandsberge bestaan uit geplooide en verskuifde gesteentes van die Kaapse Supergroep, veral die Tafelberggroep en die Witteberggroep, wat uit sandsteen, kwartsiet en skalie bestaan. Dit is die tuiste van 'n verskeidenheid plantegroei wat die unieke fynbos-bioom en inheemse woude in diep klowe en valleie insluit. Suidoos van die Stinkhoutberg is die Otterford-, Loeriebos en Longmore-staatsbosse geleë. Dit is 'n belangrike opvangsgebied vir onder meer die Elandsrivier aan die noordekant en Gamtoosrivier aan die suidekant, waar heelwat besproeiing gedoen word.
Gelyknamige berge In die Onder-Bokkeveld is Elandsberge (851 m) suid van Calvinia, Noord-Kaap, geleë, en in die Overberg is Elandsberge (c.610 m) wes van Napier in die Wes-Kaap geleë.
Kyk ook Elandsberg (dubbelsinnigheidsblad)
Verwysings
Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap