S Ori 70 of S Ori J053810.1-023626 is 'n hemelliggaam van spektraaltipe T op die voorgrond van die σ Orionis-sterreswerm, wat sowat 1 150 ligjare van die Aarde af lê. Dit is op 24 November 2002 ontdek, maar daar moet nog vasgestel word of dit 'n bruindwerg of 3 miljoen jaar oue planeet is wat deel van 'n sterreswerm is. Naby-infrarooi spektroskopiese foto's wat drie jaar ná sy ontdekking geneem is, het gelei tot die eerste metings van sy beweging. Sy gedrag verskil aansienlik van wat verwag kan word; sy atmosfeer is verder beskryf as óf een met 'n lae swaartekrag óf een met baie metale. Die voorwerp se klein eiebeweging dui daarop dat dit verder weg is as wat verwag kan word as dit 'n T-dwerg is.

Met sy massa van 3 MJ kan dit die eerste vrybewegende, niestellêre planeet (weesplaneet) wees wat ontdek is, maar bevestiging is nodig.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Weesplanete Kategorie:Bruindwerge Kategorie:Jagter (sterrebeeld)