Die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 (Engels: 1993 Women’s Cricket World Cup) is van 20 Julie tot 1 Augustus 1993 in Engeland beslis. Dit was die vyfde vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die destydse Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) aangebied is en ná die 1973-toernooi die tweede in Engeland.

Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 deelgeneem: Australië, Denemarke, Engeland, Ierland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland en Wes-Indië. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 is 29 wedstryde gespeel, waaronder 28 tydens die groepfase en die eindstryd. Die spanne is in een groep geplaas, waarin elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span sewe groepwedstryde gespeel. Die twee spanne met die meeste tabelpunte het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan. Nieu-Seeland het die groep eerste afgesluit met 28 punte van sewe oorwinnings, nadat hulle onoorwonne gebly het, gevolg deur Engeland met 24 punte van ses oorwinnings.

Die gasvroue Engeland het Nieu-Seeland in die eindstryd op Lord’s in Londen met 67 lopies verslaan en sodoende ná 1973 hul tweede vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm. Beide Denemarke en Wes-Indië het vir die eerste keer aan ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Suid-Afrika kon nie aan die vrouekrieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.

Deelnemers Daar is agt spanne uitgenooi om aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 deel te neem: Australië, Denemarke, Engeland, Ierland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland en Wes-Indië, terwyl Suid-Afrika soos tydens die vorige toernooie nie genooi is nie. Beide Denemarke en Wes-Indië het vir die eerste keer aan ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Jamaika en Trinidad en Tobago het voorheen aan die eerste 1973-toernooi deelgeneem en later deel geword van die Wes-Indiese span.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 deelgeneem het. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueVyfde1988Kampioen (1973)UitgenooiVyfde1988Kampioen (1978, 1982, 1988)Eerste –DebuutTweede1988Vierde plek (1988)Derde1982Groepfase (1978, 1982)Tweede1988Groepfase (1988)Vyfde1988Derde plek (1988)Eerste –Debuut

Stadions Die vyfde vrouekrieketwêreldbeker is op 25 krieketstadions dwarsdeur die land gespeel. Altesaam 29 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 gespeel, waarvan die meeste op ’n ander krieketstadion.

Warrington, Cheshire Banstead, Surrey Nottingham, Nottinghamshire Shenley, Hertfordshire Collingham, Wes-Yorkshire Walton Lea Road Recreation Ground John Player Ground Denis Compton-ovaal Collingham and Linton Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px 200px Oxford, Oxfordshire Guildford, Surrey Meir Heath, Staffordshire Dorking, Surrey Christ Church Ground Sports Ground Meir Heath Dorking Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 4 500 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px 200px 200px Arundel, Wes-Sussex Slough, Buckinghamshire Marlow, Buckinghamshire Beaconsfield, Buckinghamshire Arundel Castle Chalvey Road Pound Lane Wiltonpark Kapasiteit: 6 000 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px 200px 200px Royal Tunbridge Wells, Kent Lindfield, Sussex Crowthorne, Berkshire Finchampstead, Berkshire Nevill Ground Lindfield Wellington College Memorial Ground Kapasiteit: 6 000 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px 200px 200px Sonning, Berkshire Roehampton, Groter Londen Chiswick, Groter Londen Ealing, Groter Londen Sonning Lane Bank of England Ground King’s House Sports Ground Ealing Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px 200px Dulwich, Groter Londen Beckenham, Groter Londen Westminster, Groter Londen Beckenham, Groter Londen Honor Oak County-krieketveld Lord’s HSBC Sports and Social Club Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 6 000 Kapasiteit: 31 100 Kapasiteit: onbekend 200px 200px 200px

Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 is oor 13 dae tussen agt verskillende spanne oor 29 wedstryde beslis. Dit het op 20 Julie 1993 op Walton Lea Road in Warrington met die openingswedstryd tussen Australië en Nederland begin. Die toernooi het geëindig op 1 Augustus op Lord’s in Londen met die eindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, waartydens Engeland die Vrouekrieketwêreldbekertrofee ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJulieDi20Wo21Do22Vr23Sa24So25Ma26Di27Wo28Do29Groepfase | bgcolor=#c364f3| 4 | bgcolor=#c364f3| 4

| bgcolor=#c364f3| 4 | bgcolor=#c364f3| 4 | bgcolor=#c364f3| 4 | | bgcolor=#c364f3| 4 | bgcolor=#c364f3| 4UitklopfaseAugustusVr30Sa31So1Uitklopfase

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepfase Die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Vrouekrieketraad genooi. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span sewe wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, een punt vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die twee spanne wat in die groepfase die meeste wedstrydpunte versamel het, het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Wedstryde Kwalifiseer vir die eindstryd.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die eindstryd.

Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne het mekaar in die eindstryd ontmoet. Span7700+3.202287610+3.382247520+3.147207430+2.544167250+2.60787250+2.27087160+1.92647160+1.7914

Eindstryd

Vrouekrieketwêreldkampioen 1993

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 1993.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 1993: RangSpanGroep Finaliste 1 – 8 7 0 1 1559 917 +642 – 28 2 – 8 7 0 1 802 797 +5 – 28 In die groepfase uitgeskakel 3 – 7 5 0 2 816 799 +17 +3.147 20 4 – 7 4 0 3 913 882 +31 +2.544 16 5 – 7 2 0 5 1017 1194 –177 +2.607 8 6 – 7 2 0 5 855 931 –76 +2.270 8 7 – 7 1 0 6 724 1050 –326 +1.926 4 8 – 7 1 0 6 657 773 –116 +1.791 4

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Jan Brittin 410 2 Carole Hodges 334 3 Helen Plimmer 242 4 Sandhya Agarwal 229 Debbie Hockley Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Karen Smithies 15 Julie Harris 3 Gillian Smith 12 Diana Edulji Clare Taylor

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

1993 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad

Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland 1993 Kategorie:Sport in 1993