Cha 110913-773444 (soms afgekort as Cha 110913) is hemelliggaam wat lyk of dit deur 'n protoplanetêre skyf omring word. Dit lê sowat 529 ligjare van die Aarde af. Daar is nog nie konsensus onder sterrekundiges of dit 'n subbruindwerg of planetêremassavoorwerp (met mane) is nie.
Cha 110913-773444 is in 2004 ontdek deur Kevin Luhman en ander van die Universiteit van Pennsylvania met behulp van die Spitzer- en die Hubble-ruimteteleskoop, asook twee aardgebaseerde teleskope in Chili.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Weesplanete Kategorie:Bruindwerge Kategorie:Kameleon (sterrebeeld)