thumb|links|240px|'n Kunstenaar se voorstelling van OTS 44 se stofskyf.
OTS 44 is 'n bruindwerg of vrybewegende voorwerp met 'n planetêre massa wat sowat 30 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Kameleon lê, naby die refeleksienewel IC 2631. Dit is een van die vrybewegende interstellêre voorwerpe met die kleinste massa: sowat 11,5 keer dié van Jupiter, of ongeveer 1,1% dié van die Son. Sy radius word geraam op 3,2 of 3,6 keer dié van Jupiter.
OTS 44 is in 1998 ontdek as lid van die stervormende streek Kamaeleon I. Geskoei op infrarooi waarnemings met die Spitzer-ruimteteleskoop en die Herschel-ruimtesterrewag straal OTS 44 'n oormaat infrarooi uit vir 'n voorwerp van dié soort, wat daarop dui dat dit 'n sirkumstellêre skyf van stof en rots- en ysdeeltjies van omtrent 30 aardmassas het.
Volgens waarnemings versamel die skyf materiaal teen 'n tempo van sowat 10-11 van die massa van die Son per jaar. Dit kan eindelik in 'n planetêre stelsel ontwikkel.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Weesplanete Kategorie:Bruindwerge Kategorie:Kameleon (sterrebeeld)