duimnael Die Doornhoek-gastehuis in die Bergkwagga Nasionale Park is op 16 Junie 1986 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
Die huis is in die era van die Groot Trek op die plaas Doornhoek gebou. Later is dit gebruik in die verfilming van Olive Schreiner se Story of an African Farm. Hierdie plaas was die eiendom van verskeie families voordat Parkeraad dit in 1963 gekoop het en by die Bergkwaggapark ingelyf het. Later is dit in ‘n kultuur-historiese museum omskep waarin outydse meubels en antieke stukke besigtig kon word. ‘n Groot deel van die inhoud is nog later aan die museum op Cradock geskenk en sedert 1984 word die huis as gastehuis benut.
Bronnelys Novellie, Eugėnie: Doornhoek spog met ryk verlede. In: Custos. Deel 16, nr. 4, Julie 1987. ISSN 0379-9921 Raad bewaar kultuurskatte. In: Custos. deel 17, nr. 3, Junie 1988. ISSN 0379-9921
Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika