Die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 (Engels: 1988 Women’s Cricket World Cup) is van 29 November tot 18 Desember 1988 in Australië beslis. Dit was die vierde vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die destydse Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) aangebied is en die eerste in Australië. Die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 was deel van Australië se tweehonderdjarige herdenking van die Eerste Vloot se aankoms by die huidige Sydney in 1788 en staan dus amptelik bekend as die Shell Bicentennial Vrouekrieketwêreldbeker 1988.
Vyf nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 deelgeneem: Australië, Engeland, Ierland, Nederland en Nieu-Seeland. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 is 22 wedstryde gespeel, waaronder 20 tydens die groepfase en twee in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Al die spanne het in een groep gespeel en elke span het twee keer teen al die ander spanne in die groep gespeel, dus het elke span agt groepwedstryde gespeel. Die twee beste spanne het hierna mekaar in die eindstryd ontmoet, terwyl die twee naasbeste spanne die bronseindstryd beslis het. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan. Australië het die groep eerste afgesluit met 28 punte van sewe oorwinnings, gevolg deur Engeland met 24 punte van ses oorwinnings.
Die gasvroue en verdedigende kampioen Australië het Engeland in die eindstryd op die Melbourne-krieketveld in Melbourne met agt paaltjies verslaan en sodoende sy derde vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm. Beide Ierland en Nederland het vir die eerste keer aan ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. In die bronseindstryd het Nieu-Seeland Ierland met 70 lopies verslaan, terwyl Nederland, die vyfde span, die vyfde en laaste plek beklee het nadat hulle geen wedstryd kon wen nie. Suid-Afrika kon nie aan die vrouekrieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.
Deelnemers Oorspronklik is ses spanne uitgenooi om aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 deel te neem: Australië, Engeland, Ierland, Indië, Nederland en Nieu-Seeland, terwyl Suid-Afrika soos tydens die vorige toernooie nie genooi is nie. Beide Ierland en Nederland het vir die eerste keer aan ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Indië kon nie aan die toernooi deelneem nie nadat hulle nie genoeg geld van borge ingesamel het nie.
duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 deelgeneem het. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueVierde1982Kampioen (1978, 1982)UitgenooiVierde1982Kampioen (1978)Eerste –DebuutEerste –DebuutVierde1982Groepfase (1973, 1978, 1982)
Stadions Tydens die toernooi is sewe Australiese stadions in vier stede gebruik. Altesaam 22 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 gespeel, waaronder die eindstryd en die bronseindstryd.
Melbourne Melbourne-krieketveld Punt Road-ovaal Albert-krieketveld Carey Baptist Grammar School Kapasiteit: 90 000 Kapasiteit: 2 800 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px 200px 200px Sydney Canberra Perth Noord-Sydney-ovaal Manuka-ovaal Willetton Sportklub Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: 12 000 Kapasiteit: onbekend 200px 200px
Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 is oor 20 dae tussen vyf verskillende spanne oor 22 wedstryde beslis. Dit het op 29 November 1988 op Willetton Sportklub in Perth met die openingswedstryd tussen die gasvroue Australië en Nederland begin. Die toernooi het geëindig op 18 Desember op Melbourne-krieketveld in Melbourne met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens Australië die Vrouekrieketwêreldbekertrofee verdedig het.
Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseNovember/DesemberDi29Wo30Do1Vr2Sa3So4Ma5Di6Wo7Do8Vr9Sa10So11Ma12Di13Wo14Do15Vr16Groepfase | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseDesemberSa17So18Uitklopfase | bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1
Verklaring
Groepfase Die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 is deur vyf nasionale vrouekrieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Vrouekrieketraad genooi. Vir die groepfase is die vyf deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het twee wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span agt wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, een punt vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die twee beste spanne het mekaar in die eindstryd ontmoet, terwyl die twee naasbeste spanne die bronseindstryd beslis het.
Wedstryde Kwalifiseer vir die eindstryd.Kwalifiseer vir die bronseindstryd.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die eindstryde.
Groepfase Vyf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne het mekaar in die eindstryd ontmoet, terwyl die twee naasbeste spanne die bronseindstryd beslis het. Span8710+3.630288620+3.097248530+3.418208260+1.96588080+1.6950
Eindstryde Bronseindstryd
Eindstryd
Vrouekrieketwêreldkampioen 1988
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al vyf deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 1988.
duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 1988: RangSpanGroep Finaliste 1 – 9 8 0 1 1581 915 +666 – 32 2 – 9 6 0 3 1355 1285 +70 – 24 In die groepfase uitgeskakel 3 – 9 6 0 3 1830 1229 +601 – 24 4 – 9 2 0 7 775 1317 –542 – 8 5 – 8 0 0 8 727 1810 –1083 +1.695 0
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Lindsay Reeler 448 2 Debbie Hockley 446 3 Nicki Turner 342 4 Carole Hodges 336 5 Ruth Buckstein 289 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Lyn Fullston 16 2 Karen Brown 12 Carole Hodges 4 Sharon Tredrea 11 Brigit Legg
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
1988 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad
Kategorie:Geskiedenis van Australië Kategorie:Krieketkompetisies in Australië 1988 Kategorie:Sport in 1988