KPNO-Tau 12 (ook genoem 2MASS J0419012+280248) is 'n klein bruindwerg of 'n vrybewegende voorwerp met 'n planetêre massa wat materiaal aantrek van 'n protoplanetêre skyf daarom.
Ontdekking KPNO-Tau 12 is in 2003 geïdentifiseer in data van 'n opname van die Taurus- Molekulêre Wolke. Dit het 'n spektraaltipe van M9 getoon, asook 'n sterk waterstof-alpha-emissie. In dié tyd is sy massa geraam op 0,02 sonmassa (of 21 Jupitermassas), wat dit 'n bruindwerg sou maak. Sedertdien het verskeie werke bevind dit het waarskynlik 'n massa kleiner as dit wat nodig is om deuterium te verbrand, wat dit 'n klein bruindwerg of 'n planetêremassavoorwerp maak (byvoorbeeld 14,6 MJ, 13,6 MJ, , 16,5 MJ, 17,8 MJ en 12,7 MJ).
Daar is sover bekend nog 'n paar vrybewegende planetêremassavoorwerpe in die Taurus-wolke. Dit sluit nog drie voorwerpe in met moontlike skywe om hulle.
Atmosfeer Waarnemings met die Keck-sterrewag het verskeie absorpsie-eienskappe gewys. Dit sluit in titaanoksied, kalsiumhidraat, vanadiumoksied, natrium en kalium. Die voorwerp se spektraalklas is oor die jare verskeie kere aangepas. In 2013 is dit as 'n M9,25 geklassifiseer en in 2018 as 'n L0,7, wat beteken dit is 'n vroeë L-dwerg. 'n Spektrum wat met die Baie Groot Teleskoop waargeneem is, is in 2022 gepubliseer. Daarvolgens is 'n spektraaltipe van M9,8 geraam.
Protoplanetêre skyf KPNO-Tau 12 het sterk H-alpha-emissies in waarnemings getoon. In die Keck-spektrum het dit ook helium- en kalsium-emissies getoon, wat gewoonlik gesien word in sterre wat intense akkresie van materiaal van 'n omringende protoplanetêre skyf ondergaan. Die stoftemperatuur is geraam op kelvin en die korrels is kleiner as 27,5 mm.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Weesplanete Kategorie:Bruindwerge Kategorie:Bul (sterrebeeld) Kategorie:2MASS-voorwerpe