Die Krugerkruis is die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke se dekorasie vir dapperheid. Hierdie ereteken kan in drie klasse toegeken word, naamlik goud, silwer en brons. Dit is vir die eerste keer in September 1988 toegeken.
Die ontwerp van die erekruis is in die vorm van 'n kruis wat aan 'n lint met die kleure van die Parkeraad hang. Die sentrale motief daarvan is die embleem van die Parkeraad. Dit word op die linkerbors gedra.
Kategorie:Toekennings Kategorie:Suid-Afrikaanse ordes en dekorasies