Psoralea bowieana is 'n klein struik in die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Langeberg voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 500 km². Die spesie het meer as 50% van sy habitat die afgelope 110 jaar aan gewasverbouing afgestaan. Die oorblywende vier bevolkings word bedreig deur indringerplante en die verdere verlies van habitat aan gewasverbouing. Die plant is deel van die fynbos en renosterveld.

Bronnelys Biodiversityadvisor REDLIST Sanbi Plants of the World Online

bowieana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika