Die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 (Engels: 1982 Women’s Cricket World Cup) is van 10 tot 7 Februarie 1982 in Nieu-Seeland beslis. Dit was die derde vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die destydse Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) aangebied is. Daarbenewens was dit die eerste kriekettoernooi wat in Nieu-Seeland aangebied is. Die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 is deur Hansells Vita Fresh geborg en staan dus amptelik bekend as die Hansells Vita Fresh Vrouekrieketwêreldbeker 1982.

Vyf nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Internasionale XI en Nieu-Seeland. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 is 31 wedstryde gespeel, waaronder 30 tydens die groepfase en die eindstryd. Die spanne is in een groep geplaas, waarin elke span drie keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span twaalf groepwedstryde gespeel. Die twee spanne met die meeste tabelpunte het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan. Die verdedigende kampioen Australië het die groep eerste afgesluit met 46 punte van elf oorwinnings, nadat hulle onoorwonne gebly het, gevolg deur Engeland met 32 punte van sewe oorwinnings. Die verdedigende kampioen Australië het Engeland in die eindstryd op Lancasterpark in Christchurch met drie paaltjies geklop en sodoende ná 1978 sy tweede vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm.

Die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 was destyds die langste toernooi volgens beide sy lengte en aantal wedstryde wat gespeel is. Oorspronklik is vyf spanne uitgenooi om saam met die gasvroue Nieu-Seeland aan die toernooi deel te neem, maar Nederland kon nie aan die toernooi deelneem nie en Wes-Indië het homself aan die toernooi onttrek uit protes teen Nieu-Seeland se huisvesting van die Suid-Afrikaanse Springbokke in 1981 in weerwil van die internasionale sportboikot teen Suid-Afrika onder apartheid. Albei spanne is met ’n saamgestelde Internasionale XI vervang. Suid-Afrika kon nie aan die vrouekrieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.

Australië se wenreeks van 13 onoorwonne wedstryde was deel van ’n langer wenreeks van 24 wedstryde tussen 1978 en 1985, destyds ’n EDI-rekord, voordat Australië dit in 2021 self verbeter het met ’n onoorwonne wenreeks van 26 wedstryde van 2018 tot 2021. Die Vrouekrieketwêreldbeker is gekenmerk deur lae tellings en slegs een span het meer as 250 lopies in een kolfbeurt aangeteken, en ook twee gelykopuitslae is noemenswaardig: die eerste tussen Engeland en Nieu-Seeland en die tweede tussen Engeland en Australië. Dit was die eerste gelykopuitslae in internasionale vrouekrieket.

Toewysing Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 het die Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) vergader. Die IVKR was nie betrokke by die aanbieding van die eerste twee vrouekrieketwêreldbekertoernooie nie, en hulle was van mening dat daar ’n gebrek aan organisasie was en het aangekondig dat hulle meer betrokke wil raak by toekomstige toernooie. Ondanks die betrokkenheid van die IVKR was die Nieu-Seelandse Vrouekrieketraad, wat veral uit die spelers self bestaan het, hoofsaaklik verantwoordelik vir die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 se organisasie. Hulle was 18 maande besig met die toernooi se beplanning. Hul moeite het daartoe gelei dat die Vrouekrieketwêreldbeker vir die eerste keer oor ’n titelborg beskik het; dit is amptelik die Hansells Vita Fresh Vrouekrieketwêreldbeker 1982 genoem.

Deelnemers Oorspronklik is vyf spanne uitgenooi om aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 deel te neem: Australië, Engeland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland en Wes-Indië, terwyl Suid-Afrika soos tydens die vorige toernooie nie genooi is nie. Ondanks die groter borgskap en die betrokkenheid van die IVKR moes die deelnemende spanne en spelers hul eie reiskoste betaal. Byvoorbeeld moes elke Indiese speler ₨10 000 (ongeveer £570 of destyds $1 000) bestee. Dié koste was te hoog vir die Nederlandse span wat soos vier jaar voorheen nie kon deelneem nie. Wes-Indië het ook homself onttrek, maar dié keer uit protes teen die Suid-Afrikaanse Springbokke se 1981-toer na Nieu-Seeland ten spyte van die sportboikot teen apartheid. Om die herhaling van ’n toernooi tussen vier spanne te verhoed het die reëlingskomitee ’n aantal spelers vir ’n saamgestelde Internasionel XI genooi soos tydens die 1973-toernooi.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 deelgeneem het. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueDerde1978Groepfase (1973, 1978)UitgenooiDerde1978Kampioen (1978)Derde1978Kampioen (1973)Tweede1978Groepfase (1978)Tweede1973Groepfase (1973)

Stadions Die derde vrouekrieketwêreldbeker is op 15 krieketstadions dwarsdeur die land gespeel. Altesaam 31 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 gespeel, waaronder die eindstryd.

Auckland, Noordeiland Hamilton, Noordeiland Nieu-Plymouth, Noordeiland Napier, Noordeiland Edenpark Cornwallpark Seddonpark Pukekurapark McLeanpark Kapasiteit: 42 000 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 19 700 200px 200px 200px 200px 200px Palmerston North, Noordeiland Whanganui, Noordeiland Wellington, Noordeiland Lower Hutt, Noordeiland Fitzherbertpark Cooks Gardens Basin Reserve Hutt Recreation Ground Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 21 000 Kapasiteit: 11 600 Kapasiteit: 9 000 200px 200px 200px 200px Dunedin, Suideiland Nelson, Suideiland Christchurch, Suideiland Universiteit van Otago-ovaal Trafalgarpark Christ’s College Universiteit van Canterbury-ovaal Kapasiteit: 3 500 Kapasiteit: 18 500 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px 200px 200px Christchurch, Suideiland Rangiora, Suideiland Lancasterpark Dudleypark Kapasiteit: 38 628 Kapasiteit: onbekend 200px

Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 is oor 29 dae tussen vyf verskillende spanne oor 31 wedstryde beslis. Dit het op 10 Januarie 1982 op Edenpark in Auckland met die openingswedstryd tussen Australië en Indië begin. Die toernooi het geëindig op 7 Februarie op Lancasterpark in Christchurch met die eindstryd tussen Engeland en Australië, waartydens Australië die Vrouekrieketwêreldbekertrofee verdedig het.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJanuarie/FebruarieSo10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Ma18Di19Wo20Do21Vr22Sa23So24Ma25Di26Wo27Do28Vr29Sa30So31Ma1Di2Wo3Do4Vr5Sa6Groepfase | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseFebruarieSo7Uitklopfase | bgcolor=#ffcc00| 1

Verklaring

Groepfase Die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 is deur vyf nasionale vrouekrieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Vrouekrieketraad genooi. Vir die groepfase is die vyf deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het drie wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twaalf wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, een punt vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die twee spanne wat in die groepfase die meeste wedstrydpunte versamel het, het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Wedstryde Kwalifiseer vir die eindstryd.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die eindstryd.

Groepfase Vyf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne het mekaar in die eindstryd ontmoet. Span121101+3.1244612732+2.9883212651+2.5342612480+2.29616120120+2.0348

Eindstryd

Vrouekrieketwêreldkampioen 1982

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al vyf deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 1982.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 1982: RangSpanGroep Finaliste 1 – 13 12 0 1 2219 1583 +636 – 50 2 – 13 7 2 4 2018 1856 +162 – 32 In die groepfase uitgeskakel 3 – 12 6 1 5 1632 1334 +298 +2.534 26 4 – 12 4 0 8 1366 1391 –25 +2.296 16 5 – 12 0 0 12 1329 2400 –1071 +2.034 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Janette Brittin 391 2 Lynne Thomas 383 3 Susan Goatman 374 4 Jill Kennare 351 5 Barb Bevege 320 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Lyn Fullston 23 2 Jackie Lord 22 3 Shubhangi Kulkarni 20 4 Sharmila Chakraborty 17 5 Avril Starling 16 Janet Tedstone

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

1982 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad

Kategorie:Geskiedenis van Nieu-Seeland Kategorie:Krieketkompetisies in Nieu-Seeland 1982 Kategorie:Sport in 1982