Die Vrouerugbywêreldbeker 2025 (Engels: 2025 Women’s Rugby World Cup) is van 22 Augustus tot 27 September 2025 in Engeland beslis. Dit was die tiende vrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap en die agtste wat deur Wêreldrugby aangebied is. Ná die 2010-toernooi was dit die tweede in Engeland, asook ná die Vrouerugbywêreldbeker 1991 in Wallis en die Vrouerugbywêreldbeker 1994 in Skotland die vierde in die Verenigde Koninkryk; ook tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2017 is enkele wedstryde in Noord-Ierland aangebied. Engeland het daarmee die eerste land geword wat twee keer as gasvroue opgetree het.

Die Vrouerugbywêreldbeker 2025 was die eerste toernooi met 16 deelnemende nasionale vrouerugbyspanne, teenoor die twaalf van die vorige vyf vrouerugbywêreldbekertoernooie. Die 16 deelnemende nasionale vrouerugbyspanne was: Australië, Brasilië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Italië, Japan, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa, Skotland, Spanje, Suid-Afrika, die Verenigde State en Wallis. Brasilië het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi – beide mans en vroue – deelgeneem, waardeur vir die eerste keer in die toernooigeskiedenis elke vasteland deur minstens een nasionale span verteenwoordig is. Daarbenewens was dit die eerste toernooi waaraan drie spanne van die Amerikas deelgeneem het en die eerste waartydens Oseanië deur vier nasionale spanne verteenwoordig is.

Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte kwalifiseer. Die vier spanne wat die halfeindrondte gehaal het, het ook saam met die gasvroue Australië regstreeks vir die Vrouerugbywêreldbeker 2029 gekwalifiseer.

Engeland het die eindstryd op die Twickenham-stadion in Londen teen Kanada met 33–13 gewen en sodoende sy derde vrouerugbywêreldbekertitel ingepalm. Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het in die derde en Frankryk in die vierde plek geëindig. Suid-Afrika het vir die eerste keer die kwarteindrondte gehaal, maar hulle het teen Nieu-Seeland vasgeval.

Toewysing duimnael|Muurskildery ter geleentheid van die Vrouerugbywêreldbeker 2025 in Northampton Wêreldrugby het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie en beide die 2025- en 2029-vrouetoernooie op 12 Mei 2022 aangekondig. Die proses om met voornemende lande te onderhandel het in Februarie 2021 begin en die formele kandidaatproses drie maande later. Die oorblywende gasheerlande is in Februarie 2022 aangekondig.

Die Engelse Rugbyvoetbalunie het in Oktober 2021 sy belangstelling in die 2025-toernooi aangekondig. Een maand later het Wêreldrugby na Engeland as die gunsteling verwys. Tydens ’n spesiale vergadering van Wêreldrugby wat op 12 Mei 2022 in Dublin gehou is, het Wêreldrugby die toernooie van 2025 tot 2033 toegewys met die Vrouerugbywêreldbeker 2025 wat aan Engeland toegeken is, Australië as gasheer van beide die Rugbywêreldbeker 2027 en Vrouerugbywêreldbeker 2029 benoem is en beide die Rugbywêreldbeker 2031 en Vrouerugbywêreldbeker 2033 aan die Verenigde State toegewys is. Daarmee het Engeland die eerste land geword wat twee keer vrouerugbywêreldbekertoernooie aangebied het. Presies tien jaar voorheen het Engeland die Rugbywêreldbeker 2015 vir mans aangebied.

Deelnemers Kwalifisering duimnael|Grafiek van die kwalifiseringsproses vir die Vrouerugbywêreldbeker 2025 16 nasionale vrouerugbyspanne het aan die Vrouerugbywêreldbeker 2025 deelgeneem. Die gasvroue Engeland en die drie ander beste spanne van die Vrouerugbywêreldbeker 2021 – Frankryk, Kanada en Nieu-Seeland – het almal regstreeks gekwalifiseer. Ses van die oorblywende twaalf plekke is tydens die Sesnasies-vrouetoernooi 2024, Stille Oseaan-vierreeks 2024 en plaaslike kwalifiseringtoernooie in Afrika, Asië, Europa, Oseanië en Suid-Amerika beslis, terwyl die oorblywende ses plekke tydens die WXV 2024 op die speel was.

Weens die voortgesette Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 het Rusland se skorsing deur beide Wêreldrugby en Rugby Europa bly voortbestaan. Op 27 April 2024 het Ierland vir sy agtste toernooideelname gekwalifiseer, nadat hulle Skotland tydens die Sesnasies-vrouetoernooi se laaste rondte geklop het. Een maand later het Suid-Afrika sy vyfde toernooideelname bespreek ná ’n oorwinning oor Madagaskar tydens die laaste rondte van die Afrikakampioenskap 2024. In dieselfde maand het die Verenigde State hul tiende toernooideelname verseker, nadat Nieu-Seeland vir Australië in die laaste wedstryd van die Stille Oseaan-vierreeks geklop het. Kort daarna het Japan vir sy sewende toernooi gekwalifiseer ná ’n oorwinning oor Kasakstan in die tweede wedstryd van die Asiatiese Rugbykampioenskap 2025. In Junie 2024 het Fidji as Oseanië 1 gekwalifiseer nadat hulle die Oseaniese Vrouerugbykampioenskap 2024 beklink het. Aan die einde van die maand het Brasilië ná ’n oorwinning oor Colombia in die Suid-Amerikaanse kwalifisering sy plek bespreek, waarmee hulle die eerste Suid-Amerikaanse span geword het wat vir ’n vrouerugbywêreldbekertoernooi kon kwalifiseer. Ná Kanada en die Verenigde State was die Brasiliane die derde span van die Amerikas. Daarmee is vir die eerste keer in die toernooigeskiedenis elke vasteland deur minstens een nasionale span verteenwoordig. Daarbenewens was Brasilië ná Argentinië, Chili en Uruguay (almal by die mansrugbywêreldbekertoernooi) die vierde Suid-Amerikaanse land wat aan ’n rugbywêreldbeker deelgeneem het.

Tydens die WXV 2 2024 het Australië, Italië, Skotland en Wallis vir die toernooi gekwalifiseer. Samoa en Spanje het as die twee beste spanne van die WXV 3 2024 gekwalifiseer.

Kwalifiserende spanne Die volgende 16 spanne het vir die Vrouerugbywêreldbeker 2025 gekwalifiseer. Dit was die eerste toernooi waaraan Brasilië deelgeneem het, waarmee vir die eerste keer elke vasteland verteenwoordig is. Die Sesnasies-vrouespanne Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis het vir die eerste keer sedert 2002 almal weer saam aan ’n vrouerugbywêreldbekertoernooi deelgeneem. Fidji en Samoa het ook vir die eerste keer by dieselfde vrouerugbywêreldbekertoernooi saam verskyn, waarmee dit die eerste vrouetoernooi was waaraan vier Oseaniese spanne deelgeneem het (aan die mansrugbywêreldbekertoernooi neem nog Tonga deel). Engeland, Frankryk, Kanada en die Verenigde State is die enigste vier spanne wat aan al die vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem het.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouerugbywêreldbeker 2025 deelgeneem het; altesaam 23 spanne het deelgeneem: SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGasvroueTiende2021Kampioen (1994, 2014)ARegstreeksTiende2021Derde plek (1991, 1994, 2002, 2006, 2014, 2017, 2021)DTiende2021Naaswenner (2014)BNegende2021Kampioen (1998, 2002, 2006, 2010, 2017, 2021)CWXV 2 2024 (Wenner)Agtste2021Derde plek (2010)AAmerika 1Eerste–DebuutDOseanië 1Tweede2021Negende plek (2021)BEuropa 1Agtste2017Vierde plek (2014)CWXV 2 2024 (Derde)Sesde2021Vyfde plek (2021)DAsië 1Sesde2021Agtste plek (1994)CWXV 3 2024 (Naaswenner)Vierde2014Negende plek (2002)AWXV 2 2024 (Naaswenner)Sewende2021Vyfde plek (1994)BWXV 2024 3 (Wenner)Sewende2017Sesde plek (1991)CAfrika 1Vyfde2021Tiende plek (2010, 2014)DStille Oseaan-vierreeksTiende2021Kampioen (1991)AWXV 2 2024 (Vyfde)Negende2021Vierde plek (1994)B

Stadions In Augustus 2023 is agt stadions vir die toernooi bevestig.

In Desember 2023 is aangekondig dat die gasvroue Engeland die openingswedstryd op die Stadium of Light in Sunderland speel en dat die eindstryd op die Londense Twickenham-stadion beslis word. In Junie 2024 het Wêreldrugby bevestig dat die kwarteindrondte op Sandy Park en Ashton Gate beslis word, terwyl albei halfeindstryde op Ashton Gate gehou sou word.

Londen Sunderland Exeter Twickenham Stadium of Light Sandy Park Kapasiteit: 82 000 Kapasiteit: 49 000 Kapasiteit: 15 600 200px 200px 200px Northampton Brighton Franklin’s Gardens Falmer-stadion Kapasiteit: 15 249 Kapasiteit: 31 876 200px 200px Bristol Manchester York Ashton Gate-stadion Salford Community-stadion York Community-stadion Kapasiteit: 26 462 Kapasiteit: 12 000 Kapasiteit: 8 500 200px 200px 200px

Formaat Die Vrouerugbywêreldbeker 2025 is oor 37 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 22 Augustus op die Stadium of Light in Sunderland met die openingswedstryd tussen die gasvroue Engeland en die Verenigde State afgeskop. Die toernooi het geëindig op 27 September op die Londense Twickenham-stadion met die eindstryd tussen Engeland en Kanada, waartydens die wenner die trofee sal inpalm.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouerugbywêreldbeker 2025 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseAugustus/SeptemberVr22Sa23So24Ma25Di26Wo27Do28Vr29Sa30So31Ma1Di2Wo3Do4Vr5Sa6So7Ma8Di9Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep C

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep D | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |UitklopfaseSeptemberWo10Do11Vr12Sa13So14Ma15Di16Wo17Do18Vr19Sa20So21Ma22Di23Wo24Do25Vr26Sa27Seremonies

| colspan="2" bgcolor=#d6325b|Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe duimnael|Die loting vir die Vrouerugbywêreldbeker 2025 het op 17 Oktober 2024 in die London Broadcasting House plaasgevind Die eerste rondte, of die groepfase, het 16 spanne bevat wat in vier groepe van vier spanne verdeel is. Die loting vir die groepfase, waar die 16 deelnemers in vier groepe verdeel is na aanleiding van hul posisie op die Wêreldrugby-ranglys (soos op 14 Oktober 2024), het op 17 Oktober 2024 in die BBC se London Broadcasting House plaasgevind.

Groep 1: Die vier beste geplaaste spanne Groep 2: Die vier naasbeste geplaaste spanne Groep 3: Die vier derde beste geplaaste spanne Groep 4: Die vier laaste geplaaste spanne

Die groepe vir die loting op 17 Oktober 2024 was soos volg (in hakies is die ranglysplasing vóór die loting):

Groep 1Groep 2Groep 3Groep 4 (1) (2) (3) (4) (5) (6) (7) (8) (9) (10) (11) (12) (13) (15) (17) (42)

Ná die loting op 17 Oktober 2024 het die groepe soos volg gelyk:

Groep AGroep BGroep CGroep D

Groepfase Die tiende Vrouerugbywêreldbekertoernooi is deur 16 nasionale vrouerugbyspanne beslis. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Twee vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag; Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne van elke groep wat na die kwarteindrondte deurgedring het.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.