duimnael|237px|Vincent van Gogh se Die Sterrenag (1889) wat in die liedjie beskryf word

"Vincent" is 'n liedjie deur Don McLean wat geskryf is as 'n huldeblyk aan Vincent van Gogh. Die liedjie se bekende openingslirieke, "Starry, Starry Night", is 'n verwysing na van Gogh se 1889-skildery, Die Sterrenag.

McLean het die lirieke in 1970 geskryf terwyl hy 'n boek gelees het oor die lewe van Vincent van Gogh. Dit is vrygestel op McLean se 1971 American Pie-album; die volgende jaar was die liedjie vir twee weke bo-aan die Verenigde Koninkryk se enkelsnit speellys, en dit het No.12 behaal in die Verenigde State, waar dit ook No.2 was op die speellys vir Volwasse kontemporêre musiek. Billboard het dit gelys as op No. 94 vir 1972.

Die liedjie maak grotendeels gebruik van die kitaar, maar sluit ook die trekklavier, marimba en viool in.

'n Nuwe, langer opname van die liedjie is vrygestel as deel van McLean se 1992-album, Classics.

In Julie 2020 was die oorspronklike handgestrewe lirieke te koop vir 'n bedrag van $1.5 miljoen.

Agtergrond McLean het die volgende gesê oor die oorsprong van die liedjie:

Kritiese ontvangs The Telegraph het as volg daaroor berig: "Met sy bittersoete palet van majeur- en mineur akkoorde, is "Vincent" se strelende en gerusstellende melodie een van hoë emosie wat in stlte en rustigheid herroep word". Record World het die liedjie "kunstig" genoem, en gesê dat "Vincent van Gogh se verhaal vertel word met melodie en poësie." Cash Box het gesê dat dit "een van daardie deuntjies is vir mense wat daarvan hou om die lirieke en boodskappe wat daarin versonke is te ontleed". AllMusic het op retrospektiewe wyse die liedjie beskryf as "McLean se Päan (of Paion) (Παιών) aan Van Gogh ... wat simpatiseer met van Gogh se selfmoord as 'n verstaanbare reaksie op 'n kranksinnige wêreld." Die webblad het ook gesê dat McLean "'n besonder aangrypende weergawe van "Vincent" op die regstreekse 2001-album Starry, Starry Night gegee het.

Die liedjie was 'n besonderse gunsteling van die kletsrymer en akteur Tupac Shakur, en is aan hom gespeel by die University Medical Center of Southern Nevada, die hospitaal waar hy opgeneem is net voordat hy beswyk het aan skietwonde wat hy opgedoen het tydens 'n verbyry-skietery. .

Die Engelse musikant Jake Bugg het die liedjie gehoor tydens 'n episode van The Simpsons en dit beskryf as sy vormende musikale oomblik.

Speellyste

Weeklikse speellyste Speellys (1972)HoogsteposisieAustralië3Kanadese Top enkelsnitte 3Kanadese Volwasse kontemporêre musiek 13 Duitsland (Amptelike Duitse speellyste) 21Ierland (Irish Recorded Music Association)1Nieu-Seeland (New Zealand Listener)7Suid-Afrika (Springbok Radio)6VSA Cash Box Top 10011

Jaareind speellyste Speellys (1972)PosisieAustralië31Kanada67Verenigde Koninkryk11VSA Billboard Hot 10094VSA Cash Box93

Lirieke [Strofe 1] Starry, starry night Paint your palette blue and grey Look out on a summer's day With eyes that know the darkness in my soul Shadows on the hills Sketch the trees and the daffodils Catch the breeze and the winter chills In colors on the snowy linen land

[Refrein] Now I understand What you tried to say to me And how you suffered for your sanity And how you tried to set them free They would not listen, they did not know how Perhaps they'll listen now

[Strofe 2] Starry, starry night Flaming flowers that brightly blaze Swirling clouds in violet haze Reflect in Vincent's eyes of China blue Colors changing hue Morning fields of amber grain Weathered faces lined in pain Are soothed beneath the artist's loving hand See Don McLean Live Get tickets as low as $58 You might also like

[Refrein] Now I understand What you tried to say to me And how you suffered for your sanity And how you tried to set them free They would not listen, they did not know how Perhaps they'll listen now

[Brug] For they could not love you But still your love was true And when no hope was left in sight On that starry, starry night You took your life, as lovers often do But I could have told you, Vincent This world was never meant for one As beautiful as you

[Strofe 3] Starry, starry night Portraits hung in empty halls Frameless heads on nameless walls With eyes that watch the world and can't forget Like the strangers that you've met The ragged men in ragged clothes The silver thorn, a bloody rose Lie crushed and broken on the virgin snow

[Afsluiting] Now I think I know What you tried to say to me And how you suffered for your sanity And how you tried to set them free They would not listen, they're not listening still Perhaps they never willhttps://genius.com/Don-mclean-vincent-starry-starry-night-lyrics Opgespoor en besoek op 3 Julie 2025

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Musiek Kategorie:Liedjies