Die Bergklub van Suid-Afrika is die oudste en grootste vereniging wat bergklim as sport en ontspanning in Suid-Afrika beoefen en is boonop die oudste natuurbewaringsliggaam in die land.
Doelstellings Die organisasie het ‘n wye reeks aktiwiteite - die lede organiseer en onderneem bergklim- en voetslaanekspedisies verskaf opleiding aan bergklimmers lei soek- en reddingsaksies by bergklimongevalle verkry toestemming by grondeienaars vir toegang verskaf onderdak in enkele oornagskuilings in berge rapporteer oor flora, fauna, geologie, mineralogie, topografie, meteorologie,terreine van argeologiese en historiese belang, Boesmantekeninge beskerm natuurskoon, waterbronne, verhoed en beveg veldbrande en vandalisme help met die toepassing van en lewer bydraes tot die verbetering van wette in verband met natuurbewaring verskaf gidse vir toeriste soms betrokke by programme vir die tel van wild en voëls, verspreiding van nuutontdekte plantspesies, en die ring van aasvoëls
Lede Die organisasie in in Oktober 1891 in Kaapstad gestig met die politikus en sakeman van die Kaapkolonie sir James Sivewright (*Fochabers, Elginshire, Skotland, 1848 - †9 September 1916) as die eerste voorsitter. Ander bekende lede was Jan Smuts, die plantkundiges Frederick Charles Kolbe en Hermann Wilhelm Rudolf Marloth en die sakeman Arnold Wilhelm Spilhaus (*Lübeck, Duitsland, 1 Desember 1845 - †Constantia, 11 Oktober 1946). In 1895 was daar ‘n 500 lede wat tot 4000 gestyg het vroeg in die 21ste eeu. Die organisasie het 14 takke, waarvan sewe in die Wes-Kaap. ‘n Vyftiende tak is in Namibië.
Bibliografie mcsa.org.za mcsacapetown.co.za