Die Rondebult-voëlreservaat in Gauteng is een van Suid-Afrika se vernaamste stedelike toevlugsoorde vir inheemse voëls.

Ligging Die skuilplek van amper 200 voëlspesies is by 26° 18′ suid, 28° 12′ 8″ oos en net suid van Klippoortjie in Germiston.

Reservaat Die gebied van 95 ha bestaan uit vleiland, drie groot panne en grasland en bied wandelpaaie, ‘n aantal voëlkykskuilings en piekniekplekke.

Fauna Dit is een van die beste plekke in die land om die bloubekeend (makou) te sien. Ander bekende voëls wat hier teengekom kan word, is die bontelsie, grootrietsanger, lelkiewiet, vlei-uil, Afrikaanse snip, rooiassie, gewone nagreier en die grootflamink. Ook loop hier riet- en springbokke rond.

Lees ook Austin Roberts-voëlreservaat Strubendam-voëlreservaat

Bibliografie ebird.org/hotspot/L999238 sa-venues.com/things-to-do/gauteing/rondelbult-bird-sanctuary www.tripadviser.co.za/Attraction_Reviews

Kategorie:Natuurreservate in Gauteng