Die Pondogifertjie (Tephrosia pondoensis) is 'n boom wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, vanaf die Oribiravyn tot by die Msikabarivier, voor. Die voorkoms van die boom is beperk, dit het 'n voorkomsgebied van 1250 km². Die totale bevolking word op minder 2000 bome geskat. Die spesie word bedreig deur te veel veldbrande, oorbeweiding en die hout is gewild vir gebruik as brandhout en bou materiaal.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
pondoensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika