Donald McLean III (* 2 Oktober 1945) is 'n Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en kitaris, allerweë bekend as die "Amerikaanse Troebadoer" of "King of the Trail". Hy is veral bekend vir sy 1971-treffer, "American Pie", 'n folk rock liedjie van agt-en-'n-half minute en wat 'n "kulturele baken" genoem is. Sy ander treffers sluit in "Vincent", "Dreidel", "Castles in the Air" en "Wonderful Baby", sowel as vertolkings van Roy Orbison se "Crying" en die Skyliners se "Since I Don't Have You".
McLean se liedjie "And I Love You So" is opgeneem deur Elvis Presley, Perry Como, Helen Reddy, Glen Campbell en andere. In 2000 het Madonna 'n treffer gehad met haar vertolking van "American Pie". In 2004 is McLean ingelyf in die Songwriters Hall of Fame. In January 2018 het BMI gesertifiseer dat "American Pie" vyf miljoen keer op die lug verskyn het, en "Vincent" drie miljoen keer. Alhoewel die meeste van McLean se musiek ingedeel kan word in die folk rock-genre, het hy ook geëksperimenteer met genres soos Easy listening, Country en andere.
Diskografie
Tapestry (1970) American Pie (1971) Don McLean (1972) Playin' Favorites (1973) Homeless Brother (1974) Prime Time (1977) Chain Lightning (1978) Believers (1981) Love Tracks (1988) For the Memories (1989) Headroom (1991) Christmas (1991) The River of Love (1995) Christmas Dreams (1997) Sings Marty Robbins (2001) You've Got to Share: Songs for Children (2003) The Western Album (2003) Rearview Mirror: An American Musical Journey (2005) Addicted to Black (2009) Botanical Gardens (2018) Still Playin' Favorites (2020) American Boys (2024)
Verwysings
Eksterne skakels
[ Allmusic inskrywingEntry] Working with Chet Atkins: An Interview with Don McLean Don McLean Interview by die NAMM Oral History Collection (2016)
Kategorie:Geboortes in 1945 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Amerikaanse komponiste