Die Vrouerugbywêreldbeker 2029 (Engels: 2029 Women’s Rugby World Cup) sal in 2029 in Australië beslis word. Dit is die elfde vrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap en die negende wat deur Wêreldrugby aangebied word. Ná die Vrouerugbywêreldbeker 2021 in Nieu-Seeland sal dit die tweede toernooi wees wat in die Suidelike Halfrond aangebied word.

Toewysing Wêreldrugby het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie en beide die 2025- en 2029-vrouetoernooie op 12 Mei 2022 aangekondig. Die proses om met voornemende lande te onderhandel het in Februarie 2021 begin en die formele kandidaatproses drie maande later. Die oorblywende gasheerlande is in Februarie 2022 aangekondig.

Tydens ’n spesiale vergadering van Wêreldrugby wat op 12 Mei 2022 in Dublin gehou is, het Wêreldrugby die toernooie van 2025 tot 2033 toegewys met die Vrouerugbywêreldbeker 2025 wat aan Engeland toegeken is, Australië as gasheer van beide die Rugbywêreldbeker 2027 en Vrouerugbywêreldbeker 2029 benoem is en beide die Rugbywêreldbeker 2031 en Vrouerugbywêreldbeker 2033 aan die Verenigde State toegewys is.

Deelnemers 16 nasionale vrouerugbyspanne mag aan die Vrouerugbywêreldbeker 2029 deelneem. Die gasvroue Australië en die vier beste spanne van die Vrouerugbywêreldbeker 2025 – Engeland, Frankryk, Kanada en Nieu-Seeland – het almal regstreeks gekwalifiseer.

SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueNegende2025Derde plek (2010)RegstreeksElfde2025Kampioen (1994, 2014, 2025)Elfde2025Derde plek (1991, 1994, 2002, 2006, 2014, 2017, 2021)Elfde2025Naaswenner (2014, 2025)Tiende2025Kampioen (1998, 2002, 2006, 2010, 2017, 2021)

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels Webwerf van die Rugbywêreldbekertoernooie 2027 en 2029 in Australië

Kategorie:Geskiedenis van Australië Kategorie:Rugbykompetisies in Australië 2029 Kategorie:Sport in 2029