Ezana (Ge'ez: ዔዛና; Grieks: Ἠεζάνα, Aezana) was van die 320's n.C. tot omstreeks 360 n.C. die heerser van die Koninkryk Aksoem. Hy was een van die konings van dié koninkryk waaroor die meeste geskryf is. Hy was belangrik omdat hy die eerste een was wat hom tot die Christendom bekeer en die naam "Ethiopië" aanvaar het. Volgens tradisie het hy sy pa, Ella Amida (Oesanas) as koning opgevolg toe hy nog 'n kind was, maar sy ma, Sofja, het as regent gedien totdat hy meerderjarig was.

Heilige Ezana is saam met sy broer, Sazan, tot heilige verklaar in die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk en Katolieke Kerk; sy feesdag is op 1 OktoberHolweck, F.G., A Biographical Dictionary of the Saints. St. Louis, MO: B. Herder Book Co. 1924 en 27 Oktober.

Verwysings

Nog leesstof

Francis Anfray, André Caquot, and Pierre Nautin, "Une nouvelle inscription grecque d'Ezana, roi d'Axoum", Journal des savants, (1970), pp. 260-274. Yuri M. Kobishchanov. Axum (Joseph W. Michels, editor; Lorraine T. Kapitanoff, translator). University Park, Pennsylvania: University of Pennsylvania, 1979. Stuart Munro-Hay, "The Dating of Ezana and Frumentius", Rassegna di Studi Etiopici, 32 (1988), pp. 111-127 Sergew Hable Sellassie. Ancient and Medieval Ethiopian History to 1270 (Addis Ababa: United Printers, 1972). African Zion, the Sacred Art of Ethiopia, (New Haven: Yale University Press, 1993).

Skakels

Kategorie:Konings van Aksoem