Za Hakala was 'n antieke koning van Aksoem.
Geskiedenis Die handelsgids Periplus van die Eritrese See noem Za Hakala as dieselfde persoon as Zoskales, die koning van Adoelis in die 2de eeu n.C.Salt, A Voyage to Abyssinia (Philadelphia, 1816), p. 358 G.W.B. Huntingford wys egter daarop dat daar nie genoeg inligting is om seker te wees van dié identifikasie nie. Hy meen Zoskales was eerder 'n onbelangrike koning wie se mag nie verder as Adoelis gestrek het nie.Aangehaal in Paul B. Henze, Layers of Time: A History of Ethiopia (New York: Palgrave, 2000), p. 18
Nie veel van die bewind van Za Hakala self is bekend nie. Hy is net bekend daarvoor dat hy Aksoem van 'n koninkryk in 'n ryk omskep het. Empire of Aksum, Northern Africa Sy voorganger was Za Zalis en sy opvolger Za Dembalé.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Konings van Aksoem