Vogelgat is ‘n privaat natuurreservaat in die Kleinrivierberge naby Hermanus, Suid-Afrika. Vogelgat is geleë tussen twee ander natuurreservate, naamlik Fernkloof en Maanskynkop.
Ligging Die gebied lê op die suidelike helling van die Kleinrivierberge en noord van die Kleinrivier-srandmeer. Dit bied ‘n goeie uitsig oor Walkerbaai en Kleinmond en is 2,5 km van Hermanus.
Reservaat Vogelgat is net meer as 600 ha groot. Omdat dit die Fernkloof-natuurreservaat en Maanschijnkop-natuurreservaat verbind, vorm hulle saam ‘n bewaringsgebied van ‘n 3 000 ha. Vogelgat bied 35 km aan wandelpaaie tussen klowe, watervalle en rotspoele. In ‘n herbarium word die plante uitgestal wat natuurlik daar voorkom.
Fauna Hier is al ‘n 20 soogdierspesies waargeneem. Die opvallendste diere is die klipspringer, vaalribbok en ‘n arendfamilie.
Flora Op Vogelgat is al 965 plantspesies aangeteken. Hiervan word 13 as seldsaam, 12 as eie aan die streek en 17 as bedreig beskou. Die bekendste plante hier is die berggeelbos, geelbos, blinkblaartolbos, kreupelboom, Hermannia rudis, Gladiolus brevitubus en die Platycaulos cascadensis.
Bronnelys De Wet, Benita: New era in conservation. In: Bewaring RSA. Departement van Omgewingsake. Deel 13, nr. 1, Januarie 1986 Robertson, Cecily: Vogelgat Nature Reserve. In: Veld & Flora. September 1980. journals, co.za/doi/pdf/10.10520/AJA00423203_1028 Slingsby, Peter: Overberg Whale Coast – the map. Muizenberg: Slingsby Maps, 2010. van Rensburg, Theuns: Vogelgat - money for management. In: Conserva. Departement van Omgewingsake. Deel 8, nr. 1, Januarie/ Februarie 1993. ISSN 0258-3313
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Natuurreservate in die Wes-Kaap