Die Olympiastadion, ook bekend as die Olimpiese Stadion Berlyn, is ’n sportstadion in die Olympiapark Berlyn in Berlyn, Duitsland. Dit is oorspronklik deur Werner March ontwerp vir die Olimpiese Somerspele 1936. Tydens dié Olimpiese Spele was die rekordbywoning glo meer as 100 000.

Sedert die opknapping in 2004 het die Olympiastadion ’n permanente kapasiteit van 74 475, waarmee dit die grootste internasionale sokkerstadion in Duitsland is. Die Olympiastadion is volgens UEFA ’n kategorie vier-stadion.

Benewens die gebruik as ’n atletiekstadion het die stadion ook ’n sokkertradisie opgebou. Sedert 1963 is dit die tuiste van Hertha BSC. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 het dit drie wedstryde aangebied. Dit is ook opgeknap vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006, toe dit ses wedstryde, insluitend die eindstryd, aangebied het. Die DFB-Pokal-eindstryd word sedert 1985 jaarliks daar beslis. Die Olympiastadion Berlyn is ook vir beide die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 en die UEFA Champions League-eindstryd in 2015 gebruik.

Dit het ook ses wedstryde tydens die Europese Sokkerkampioenskap in 2024 aangebied, insluitend die eindstryd tussen Spanje en Engeland.

Wedstryde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 14 Junie 1974 16:00 1–0 Groep 1 83 168 18 Junie 1974 19:30 1–1 Groep 1 20 000 22 Junie 1974 16:00 0–0 Groep 1 14 681

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 13 Junie 2006 21:00 1–0 Groep F 72 000 15 Junie 2006 21:00 1–0 Groep B 72 000 20 Junie 2006 16:00 0–3 Groep A 72 000 23 Junie 2006 16:00 1–0 Groep H 72 000 30 Junie 2006 17:00 1–1 (4–2 n.S.) Kwarteindrondte 72 000 9 Julie 2006 20:00 1–1 (5–3 n.S.) Eindstryd 69 000

Vrouesokkerwêreldbeker 2011

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 26 Junie 2011 18:00 2–1 Groep A 73 680

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Geboue en strukture in Berlyn Kategorie:Olimpiese stadions Kategorie:Sport in Berlyn Kategorie:Vrouesokkerwêreldbekerstadions