Oesas, ook bekend as Oesanas (omstreeks 500), was 'n koning van die Koninkryk Aksoem. Hy het Nezool opgevolg.

Oesas is hoofsaaklik bekend danksy die geld wat tydens sy bewind gemunt is. Omdat die munte met die koning se naam op baie soos dié van koning Kaleb van Aksoem lyk, meen Stuart Munro-Hay Oesas is 'n ander naam van Tazena, wat beide in Ethiopiese tradisie en op die muntstukke van Kaleb as sy vader beskryf word.Munro-Hay, Aksum: An African Civilization of Late Antiquity (Edinburgh: University Press, 1991), pp. 84, 88.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Konings van Aksoem