Ebana was van die middel tot die laat 5de eeu koning van die Koninkryk Aksoem. Hy is hoofsaaklik bekend danksy die geld wat tydens sy bewind gemunt is. Sy goue munte was "maklik die algemeenste van die Aksoemitiese goue geld".

Muntstukke Ebaba se goue muntstukke was verreweg die algemeenste goue geld in die koninkryk. Net op een plek in Jemen is 538 van sy goue munte ontdek. Volgens Stuart Munro-Hay kan die groot getal munte daarop dui dat hy 'n "aansienlike tyd lank regeer het".Munro-Hay, "Aksumite Coinage" in African Zion: the Sacred Art of Ethiopia, red. Marilyn Heldman (New Haven: Yale University Press, 1993), p. 110

Die geheimsinnige inskripsie + BAC + CIN + BAX + ABA, wat die eerste keer deur Eon op geld gebruik is, kom ook op die voorkant van Ebana se muntstukke voor.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Konings van Aksoem