Nezool, wat in die laat 5de eeu floreer het, was 'n koning van die Koninkryk Aksoem. Hy is hoofsaaklik bekend danksy die geld wat tydens sy bewind gemunt is, waarop sy naam ook as Nezana verskyn.

Stuart Munro-Hay berig oor 'n teorie dat Nezool en Nezana eintlik twee konings was wat saam regeer het.Munro-Hay, Aksum: An African Civilization of Late Antiquity (Edinburgh: University Press, 1991), pp. 156f. Die konsensus is egter dat Nezool die Ge'ez-weergawe van sy naam is wat in Grieks getranslitereer is, terwyl Nezana meer soos 'n Griekse vorm lyk.Wolfgang Hahn & Vincent West, Syllogue of Aksumite Coins in the Ashmolean Museum, Oxford (Oxford: Ashmolean Museum, 2016), p. 13

Muntstukke 'n Paar goue en silwermuntstukke met óf die naam Nezool óf die naam Nezana op, is ontdek en kom in moderne versamelings voor. Drie soorte goue munte met die naam Nezana op en een met die naam Nezool op is geïdentifiseer. Almal het sy gesig aan die voor- en agterkant op. Die enigste verskil is die inskripsie in Grieks: Een lui "Koning Nezana" aan albei kante; twee het sy titel aan die een kant en "God sy dank" aan die ander. Die vierde een het 'n variasie van die geheimsennige letters wat op ander Aksoemitiese munte aangetref word: "+CΛX+ΛCΛ+CΛC+CΛN".Hahn & West, Syllogue, pp. 98-103 Op die silwermunt is Nezana se profiel aan die voorkant en 'n kruis wat die volgende letters in vier deel aan die agterkant: "ΘΕ ΟΥ ΧΛ ΡΙ". Dit word vertolk as 'n Griekse afkorting vir "Deur die genade van God".Stuart Munro-Hay, The Coinage of Aksum (New Delhi: Manohar, 1984), p. 111

Verwysings

Skakels

Kategorie:Konings van Aksoem