Eon (omstreeks 400 n.C) was 'n heerser van die Koninkryk Aksoem. Hy is hoofsaaklik bekend danksy die geld wat tydens sy bewind gemunt is en waarop sy naam in Grieks geskryf is as "Eon Bisi Anaaph". Net sy goue muntstukke is bekend; baie nuwe voorbeelde is in Jemen ontdek.Stuart Munro-Hay, "Aksumite Coinage" in African Zion: the Sacred Art of Ethiopia, ed. Marilyn Heldman (New Haven: Yale University Press, 1993), p. 108

Bewind Hoewel "bisi Anaaph" gewoonlik verstaan word as "man van Anaaph", merk Richard Pankhurst op dat die geleerde Stephen Wright gemeen het die woord bisi "kan dalk gebruik word in verband met die koning se perd, op dieselfde manier as wat Ethiopiërs van veel later die woord Aba gebruik het. Sahle Sellassie was byvoorbeeld dikwels bekend as Aba Dina (Dina was die naam van sy gunstelingperd)."Pankhurst, An Introduction to the Economic History of Ethiopia (Londen: Lalibela House, 1961), p. 30 n.68.

Eon kan dalk dieselfde persoon wees as ene Hioena, wat 'n militêre ekspedisie van Aksoem oor die Rooisee na Suid-Arabië gelei het. Volgens Stuart Munro-Hay "is die verskil in spelling niks meer as wat sal voorkom as die naam in die betrokke twee tale omgesit word nie". Hy erken egter dié identifikasie is onseker, ook of Hiuna enigsins 'n koning was.Munro-Hay, Aksum: An African Civilization of Late Antiquity (Edinburgh: University Press, 1991), p. 84.

Muntstukke Eon was die eerste Aksoemitiese koning wat die geheimsinnige letters + BAC + CIN + BAX + ABA op sy muntstukke gebruik het, hoewel 'n deel van dié letters op 'n vroeëre, anonieme silwermunt gebruik is. Munro-Hay berig dit kan beteken Basileus habasinon ("Koning van die Habasjat/Habasj", 'n titel wat in Suid-Arabië gebruik is om na die Aksoemitiese konings te verwys).

Verwysings

Nog leesstof G.M. Browne, "Some remarks on Aksumite coin legends," Nubia, 3 (1992), pp. 293-296 Stuart Munro-Hay, "Aksumite Addenda: the Existence of 'Bisi Aniōskal'", Rassegna di Studi Etiopici, 28 (1980-1981), pp. 57-60

Skakels

Kategorie:Konings van Aksoem