Oeazebas was in die middel tot laat 4de eeu die heerser van die Koninkryk Aksoem. Hy is hoofsaaklik bekend danksy die geld wat tydens sy bewind gemunt is.
Oeazebas se muntstukke is ontdek onder die oorblyfsels van die grootste stele in die stad Aksoem. Dit dui daarop dat die stele reeds in sy tyd omgeval en gebreek het. Stuart Munro-Hay meen dit was die laaste stele wat opgerig is en dat hulle daarna ongewild geraak het namate die Christendom versprei en nuwe idees oor begrafnisse ontstaan het.Aksum: An African Civilization of Late Antiquity (Edinburgh: University Press, 1991), p. 82.
Muntstukke Oeazebas het op die voorkant van sy muntstukke 'n frase uit Ezana se tyd teuggebring: TOYTOAPECHTHXWPA ("Mag dit die volk behaag"). Volgens Munro-Hay gee die muntstukke 'n gevoel dat die koning "omgee vir sy volk se wense en tevredenheid".Munro-Hay, Aksum, p. 192.
Die agterkant van die muntstukke het 'n nuwe verskynsel: 'n halo van goud om die koning se kop. Munro-Hay skryf ongelukkig, "weens die toestande waarin die muntstukke begrawe is, is dit moeilik om voorbeelde in 'n goeie toestand te kry".Munro-Hay, "Aksumite Coinage" in African Zion: the Sacred Art of Ethiopia, red. Marilyn Heldman (New Haven: Yale University Press, 1993), p. 109
Verwysings
Skakels
Kategorie:Konings van Aksoem