Koebar, ook bekend as Koe'bar of Koeber, is die naam van die laaste hoofstad van die Koninkryk Aksoem en die tuiste van die Ethiopiese heerser wat in verskeie Middeleeuse Arabiese bronne genoem word.

Geskiedenis Die stad word die eerste keer deur die 10de-eeuse geograaf al-Ja'koebi genoem. Die historikus al-Masoedi verwys na Koebar as 'n "groot stad" en die "tuiste van die Nadjasji". Dieselfde historikus noem die Ethiopiese hoofstad in 'n ander werk "Koefar" of "Kafer". In die Arabiese geskrifte van die 13de en 14de eeu word Koebar steeds die hoofstad van Ethiopië genoem. Die Arabiese historikus Ibn Chaldoen van die 14de en 15de eeu verwys ook daarna.

Ligging Weens die gebrek aan argeologiese data verskil hipoteses oor waar Koebar geleë was. Carlo Conti Rossini het voorgestel "Koebar" is 'n ander spelling van "Aksoem". Sommige ander kenners het saamgestem. Taddesse Tamrat glo egter Koebar was in Suid-Tigrai of in die Angot-streek geleë, terwyl Enno Littmann dink dit was in die provinsie Begemder.Taddesse Tamrat, Church and State in Ethiopia (Oxford: Clarendon Press, 1972), p. 36.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Koninkryk Aksoem