Die Japannese nasionale vrouerugbyspan (Japannees: ラグビー女子日本代表, Ragubī Joshi Nihon Daihyō; ook bekend as Sakura Vyftiental) is die nasionale vrouerugbyspan wat Japan in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle word as die beste vrouerugbyspan in Asië beskou. Rugby word in Japan geadministreer deur die Japannese Rugbyvoetbalunie (Engels: Japan Rugby Football Union, JRFU; Japannees: 日本ラグビーフットボール協会, Nihon ragubī futtobōru kyōkai) wat in 1926 gestig is.

Japan het sy eerste toetswedstryd in 1991 teen Frankryk gespeel. Japan se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Japan het tot dusver vir ses van die tien toernooie gekwalifiseer; in 1994 het hulle met die agtste plek hul beste prestasie behaal. Sedert 2007 neem Hongkong aan die Asiatiese Vrouekampioenskap deel en kon sedertdien ses titels inpalm. Die Japannese span speel tradisioneel in rooi-wit-gestreepte truie wit broeke en wit sokkies met rooi strepe. Japan is tans (September 2025) twaalfde op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Japan is die Japannese Rugbyvoetbalunie (JRFU). Die JRFU is op 30 November 1926 gestig en het in 1987 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit. Daarmee het die JRFU gelyktydig ’n setel by die wêreldbeheerligaam se uitvoerende raad ingeneem. Daarbenewens was die JRFU in 1968 ’n stigtingslid van die Asiatiese Rugbyvoetbalunie (Engels: Asian Rugby Football Union, ARFU; nou Asië Rugby).

Geskiedenis duimnael|links|Toetswedstryd Japan teen Italië in 2023 Japan het sy debuut gemaak tydens die heel eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991. Daarna het die Japanners aan nog drie vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem: in 1994, 2002 en 2017. Daarbenewens kon die span die Asiatiese Vrouekampioenskappe in 2015, 2016 en 2017 wen.

Japan het gekwalifiseer vir die Vrouerugbywêreldbeker 2021 in Nieu-Seeland ná ’n hersiening van die Asiatiese kwalifisering vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie. As die beste geplaaste Asiatiese span het hulle regstreeks gekwalifiseer vir die toernooi.

In November 2021 het Japan Europa besoek vir toetswedstryde teen Ierland, Skotland en Wallis. Japan het met 5–23 teen Wallis verloor, nadat die Sakuras hul enigste drie in die 77ste minuut kon druk en die doelskop misluk het. Op die Edinburg Rugbystadion in Edinburg kon die Skotte ses drieë druk, wat aan die Sakuras met 12–36 hul tweede nederlaag besorg het. Ierland kon met een speler minder ’n verrassende 15–12-oorwinning oor Japan aanteken.

In 2022 het die Japanners Australië besoek en hul reeks teen Australië, die Australiese Barbarians en Fidji onoorwonne beklink.

In Mei 2025 kon die Sakuras hul hoogste oorwinning ooit aanteken, toe hulle Kasakstan in die openingswedstryd van die Asiatiese Vrouekampioenskap 2025 in Fukuoka met 90–0 verneder het; hulle het 14 onbeantwoorde drieë gedruk. Hulle kon dié toernooi beklink, gelyk aan hul sewende titel.

Kleure, embleem en bynaam Japan speel tradisioneel in wit en rooi gestreepte truie (met ’n wit kraag en boeie) met ’n geborduurde Sakura (’n Japannese kersiebloeisel) op die bors, saam met ’n wit kortbroek en wit sokkies met rooi spatsels. Die Sakura-kenteken van die beheerliggaam en die nasionale span toon drie kersiebloeisels in volle blom. Die nasionale span se bynaam is Sakura Vyftiental.

Tuisstadion

duimnael|Die Chichibunomiya Rugbystadion in Tokio, Japan se tradisionele tuisstadion Japan se tradisionele tuisstadion vir rugby is die Chichibunomiya Rugbystadion in Tokio, waar ook die Japannese Rugbyvoetbalunie se hoofkantoor gesetel is. Dié stadion is in 1947 opgerig en in 1953 na die oorlede Prins Chichibu, die jonger broer van die destydse Tennō Hirohito, genoem om sy groot ondersteuning vir rugby in Japan te herdenk.

Toetswedstryde Japan het 36 van sy 72 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 50,00%. Japan se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 4 1 3 1 25,00 2 2 0 0 100,00 3 0 3 0 0,00 17 16 1 0 94,11 8 2 6 0 25,00 4 0 3 1 0,00 2 0 2 0 0,00 9 2 7 0 22,22 2 1 1 0 50,00 2 0 2 0 0,00 1 1 0 0 100,00 2 1 1 0 50,00 4 4 0 0 100,00 4 2 2 0 50,00 2 2 0 0 100,00 2 1 1 0 50,00 2 0 0 2 0,00 2 1 1 0 50,00Algeheel 72 36 34 1 50,00

Rekords Wêreldbekerrekord Japan het tot dusver aan ses vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die agtste plek tydens die 1994-toernooi.

Jaar Uitslag 1991 Twaalfde plek 1994 Agtste plek 1998 Nie deelgeneem nie 2002 13de plek 2006 Nie gekwalifiseer nie 2010 Nie gekwalifiseer nie 2014 Nie gekwalifiseer nie 2017 Elfde plek 2021 Groepfase 2025 Groepfase 2029 2033

Asiatiese Vrouekampioenskappe Japan neem sedert 2007 aan die jaarlikse Asiatiese Vrouekampioenskap deel. Hulle het sedertdien sewe titel gewen.

Toernooititels (7): 2010, 2015, 2016, 2017, 2023, 2024, 2025

Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Japannese span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:

+ Agterspelers (backs) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Megumi Abe Skrumskakel Arukas Queen Kumagaya 32 Moe Tsukui Skrumskakel Yokogawa Musashino Artemi-Stars 42 Ayasa Otsuka Losskakel Arukas Queen Kumagaya 36 Minori Yamamoto Losskakel Yokohama TKM 38 Nao Ando Senter Brave Louve 12 Mana Furuta Senter Tokyo Sankyu Phoenix 36 Sakurako Hatada Senter Japannese Universiteit van Sport 9 Haruka Hirotsu Senter Nanairo Prism Fukuoka 17 Kanako Kobayashi Senter Yokogawa Musashino Artemi-Stars 20 Komachi Imakugi Vleuel Arukas Queen Kumagaya 30 Mele Yua Havili Kagawa Vleuel Nanairo Prism Fukuoka 5 Misaki Matsumura Vleuel Tokyo Sankyu Phoenix 13 Rinka Matsuda Heelagter Tokyo Sankyu Phoenix 14 Sora Nishimura Heelagter Mie Pearls 21+ Voorspelers (forwards) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Ayumu Kokaji Haker Tokyo Sankyu Phoenix 11 Asuka Kuge Haker Arukas Queen Kumagaya 22 Kotomi Taniguchi Haker Yokogawa Musashino Artemi-Stars 26 Sachiko Kato Stut Yokogawa Musashino Artemi-Stars 30 Wako Kitano Stut Mie Pearls 22 Hinata Komaki Stut Tokyo Sankyu Phoenix 21 Miharu Machida Stut Japannese Universiteit van Ekonomie 4 Manami Mine Stut Japannese Universiteit van Sport 12 Nijiho Nagata Stut Mie Pearls 29 Ayano Sakurai Slot Yokogawa Musashino Artemi-Stars 23 Yuna Sato Slot Tokyo Sankyu Phoenix 24 Otoka Yoshimura Slot Arukas Queen Kumagaya 29 Kyoko Hosokawa Losvoorspeler Mie Pearls 17 Masami Kawamura Losvoorspeler Yokogawa Musashino Artemi-Stars 22 Sakurako Korai Losvoorspeler Japannese Universiteit van Sport 22 Iroha Nagata 15px|Kaptein Losvoorspeler Arukas Queen Kumagaya 40 Jennifer Nduka Losvoorspeler Hokkaido Barbarians Diana 15 Seina Saito Losvoorspeler Mie Pearls 50

Bekende spelers Tot dusver is nog geen Japannese speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Sien ook

Japannese nasionale rugbyspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Japannese Rugbyvoetbalunie Japan by Wêreldrugby

Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Japan