Die Kanadese nasionale vrouerugbyspan (Engels: Canada women’s national rugby union team; Frans: Équipe du Canada féminine de rugby à XV) is die nasionale vrouerugbyspan wat Kanada in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span dra die byname Canucks en Les Rouges. Rugby word in Kanada geadministreer deur Rugby Kanada (Engels: Rugby Canada, RC; Frans: Fédération canadienne de rugby à XV) wat in 1974 gestig is. Kanada word as die naasbeste vrouerugbyspan in die Amerikas beskou (ná die Verenigde State). Kanada is tans (September 2025) tweede op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Kanada het sy eerste toetswedstryd in 1987 teen die Verenigde State gespeel. Kanada se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Kanada het aan al tien die toernooie deelgeneem en sowel in 2014 as in 2025 as naaswenner geëindig. Kanada neem jaarliks aan die Stille Oseaan-vierreeks deel, saam met Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde State. Een voormalige Kanadese rugbyspeler is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Die Kanadese span speel tradisioneel in rooi truie met wit kleuraksente, rooi broeke met wit strepe en wit sokkies met rooi strepe – wat aan die kleure van die vlag van Kanada ontleen is.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Kanada is Rugby Kanada (Engels: Rugby Canada, RC; Frans: Fédération canadienne de rugby à XV). Rugby Kanada is in 1974 gestig en het in 1987, net voor die eerste mansrugbywêreldbekertoernooi, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was Rugby Kanada in 2001 ’n stigtingslid van die Noord-Amerikaanse en Wes-Indiese Rugbyvereniging (North America and West Indies Rugby Association, NAWIRA; nou Rugby Amerikas Noord), nadat Kanada en die Verenigde State by die Wes-Indiese Rugbyvereniging (West Indies Rugby Association) aangesluit het.

Geskiedenis Die Kanadese vrouerugby se ontwikkeling het in die 1980’s begin met die eerste toetswedstryd in 1987 in Victoria teen ’n ander nasionale span wat sy debuut gemaak het, die Verenigde State. Dit was ook die heel eerste vrouetoetswedstryd buite Europa.

In 1991 het Kanada aan die heel eerste Vrouerugbywêreldbeker in Wallis deelgeneem. Die span het ná ’n oorwinning oor Spanje met 19–4 in die uitspeelwedstryd die vyfde plek beklee. Sedertdien het die Kanadese span aan elke vrouerugbywêreldbekertoernooi deelgeneem.

Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014 in Frankryk het die Kanadese die eindstryd gehaal. Hulle was met die latere wêreldkampioen Engeland in dieselfde groep. Die groepwedstryd tussen albei spanne het in ’n 13–13-gelykop geëindig, terwyl die Kanadese die herontmoeting in die eindstryd met 9–21 verloor het.

In 2022 het Kanada ná ’n nederlaag teen Frankryk in die vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie met een jaar uitgestelde Vrouerugbywêreldbeker 2021 in Nieu-Seeland se bronseindstryd die vierde plek beklee.

Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025 in Engeland het die Kanadese in die halfeindstryd die verdedigende kampioen Nieu-Seeland uitgeskakel en in die eindstryd die gasvroue Engeland ontmoet, maar met 13–33 verloor.

Kleure, embleem en bynaam Kanada speel tradisioneel in ’n rooi trui met wit kleuraksente, wit broeke met rooi strepe en rooi sokkies met wit strepe. Hul alternatiewe trui is wit met rooi kleuraksente, rooi broeke met wit strepe en wit sokkies met rooi strepe.

Die beheerliggaam Rugby Kanada se kenteken toon ’n elfpuntige esdoringblaar (Acer saccharum) in die nasionale kleure wit en rooi, ontleen aan die vlag van Kanada, met die belettering Rugby op. Die nasionale span se byname is Canucks, ontleen aan die slangterm vir Kanadese, en Les Rouges („die rooies“), afgelei van die truikleur.

Tuisstadions Net soos ander vername rugbylande soos Frankryk, Ierland, Italië, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika, die Verenigde State en Wallis beskik Kanada oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Kanadese gebruik vir hul toetse eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Kanada.

Rugbywêreldbekerstadions

Kanada het die Vrouerugbywêreldbeker 2006 aangebied. Al die wedstryde is in die Kanadese provinsie Alberta gehou.

Toetswedstryde Kanada het 90 van sy 176 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 51,14%. Kanada se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 7 7 0 0 100,00 38 3 34 1 7,89 2 2 0 0 100,00 18 9 9 0 50,00 1 1 0 0 100,00 4 3 1 0 75,00 3 3 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 19 2 17 0 10,53 1 1 0 0 100,00 8 7 1 0 87,50 1 1 0 0 100,00 3 3 0 0 100,00 4 4 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 46 27 19 0 56,52 15 11 2 2 73,33Algeheel 176 90 83 3 51,14

Wedywering met ander nasionale spanne Kanada se grootste mededinger in rugby is die Verenigde State. Kanada het meer toetswedstryde teen dié suidelike buurland as teen enige ander land gespeel. Die twee spanne het in 1987 vir die eerste keer teen mekaar te staan gekom en van die 46 toetswedstryde tot dusver het Kanada 27 gewen en die Verenigde State 19. Beide Kanada en die Verenigde State is onder die suksesvolste spanne wat die vrouerugbywêreldbekertoernooi betref, aangesien die Kanadese in 2014 en 2025 die eindstryd gehaal het, terwyl die Amerikaners die eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991 kon wen en tydens die twee daaropvolgende toernooie ook die eindstryd kon haal. Tot dusver het albei spanne tydens drie vrouerugbywêreldbekertoernooie vier keer ontmoet: in 1998, 2010 en twee keer tydens die 2021-toernooi wat in 2022 gehou is. Sedert 2021 ontmoet albei spanne jaarliks tydens die jaarlikse Stille Oseaan-vierreeks, waaraan ook Australië en Nieu-Seeland deelneem. Van 1987 tot 1999 was die Verenigde State in nege agtereenvolgende toetswedstryde onoorwonne, sedert 2019 kon Kanada dié wenreeks ewenaar en ook nege agtereenvolgende toetswedstryde wen.

Kanada handhaaf ook ’n sekere wedywering met Engeland. Kanada en Engeland het tot dusver in 38 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 34 gewen het en Kanada drie, met een gelykopuitslag. Daarbenewens het albei spanne in twee eindstryde ontmoet en ook een bronseindstryd beslis (wat Kanada almal verloor het).

Rekords Wêreldbekerrekord Kanada het aan elke vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en het tydens die 2014- en 2025-toernooie as naaswenner geëindig.

Jaar Uitslag 1991 Vyfde plek 1994 Sesde plek 1998 Vierde plek 2002 Vierde plek 2006 Vierde plek 2010 Sesde plek 2014 Naaswenner 2017 Vyfde plek 2021 Vierde plek 2025 Naaswenner 2029 gekwalifiseer 2033

Stille Oseaan-vierreeks Kanada se enigste jaarlikse toernooi is die Stille Oseaan-vierreeks, waar hulle teen drie ander lande van die Stille Oseaangebied speel: Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde State. Die Stille Oseaan-vierreeks is in 2021 vir die eerste keer tussen Kanada en die Verenigde State beslis, Australië en Nieu-Seeland het in 2022 by dié toernooi aangesluit. Die Kanadese het sedertdien twee toernooie gewen.

Titeloorwinnings (2): 2021, 2024

Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Kanadese span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:

+ Agterspelers (backs, arrières) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Olivia Apps Skrumskakel Lindsay 18 Justine Pelletier Skrumskakel Bordeaux 37 Claire Gallagher Losskakel Trailfinders 18 Taylor Perry Losskakel Exeter Chiefs / Oakville Crusaders 15 Alex Tessier 15px|Kaptein Losskakel Exeter Chiefs / Saint-Anne-de-Bellevue 59 Alysha Corrigan Senter Saracens 21 Shoshanah Seumanutafa Senter Chiefs Manawa 18 Fancy Bermudez Vleuel Saracens / Westshore 18 Paige Farries Vleuel Saracens 40 Asia Hogan-Rochester Vleuel Toronto Nomads / Westshore 3 Florence Symonds Vleuel Universiteit van Brits-Columbië 12 Sarah-Maude Lachance Heelagter Bordeaux 10 Julia Schell Heelagter Trailfinders / Castaway Wanderers 26+ Voorspelers (forwards, avants) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Gillian Boag Haker Capilano 32 Taylor McKnigh Haker Universiteit van Guelph / Aurora Barbarians 1 Emily Tuttosi Haker Exeter Chiefs / Calgary Hornets 34 Olivia DeMerchant Stut Halifax Tars 60 McKinley Hunt Stut Saracens / Aurora Barbarians 32 Brittany Kassil Stut Guelph Goats 46 DaLeaka Menin Stut Exeter Chiefs / Calgary Hornets 63 Maya Montiel Stut Saracens 5 Mikiela Nelson Stut Exeter Chiefs / Capilano 10 Tyson Beukeboom Slot Cowichan Piggies / Aurora Barbarians 77 Caroline Crossley Slot Castaway Wanderers 7 Courtney O’Donnell Slot Red Deer Titans 46 Julia Omokhuale Slot Saracens / Calgary Irish 7 Rachel Smith Slot Universiteit van Brits-Columbië 3 Pamphinette Buisa Losvoorspeler Ottawa Irish 17 Sophie de Goede Losvoorspeler Saracens / Castaway Wanderers 35 Fabiola Forteza Losvoorspeler Bordeaux 35 Karen Paquin Losvoorspeler Club de rugby de Quebec 45 Laetitia Royer Losvoorspeler Saracens / Saint-Anne-de-Bellevue 18 Gabby Senft Losvoorspeler Saracens / Castaway Wanderers 32

Bekende spelers duimnael|upright|Heather Moyse in 2010 Een voormalige Kanadese speler is vir haar uitstekende prestasies in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem:

Speler Posisie Inskrywing Heather Moyse Heelagter 2016

Sien ook

Kanadese nasionale rugbyspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van Rugby Kanada Kanada by Wêreldrugby

Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Kanada