Die Nadjasji (Arabies: ٱلنَّجَاشِيّ, al-Najāshī) was die Arabiese term vir die heerser van die Koninkryk Aksoem (Ge'ez: ንጉስ, Asjama, "soewerein") wat van 614-630 n.C. regeer het. Moslemse geleerdes stem saam dat die Nadjasji in Aksoem skuiling aan die vroeë Moslemse vlugtelinge uit Mekka verskaf het, omstreeks 615-616.

Bewind Die Nadjasji het byna 17 jaar lank regeer, van 614 tot 630 n.C. Min is oor sy persoonlike lewe en bewind bekend, net dat Moslems tydens sy bewind na Abessinië migreer en hom ontmoet het. Hy is in 630 oorlede.

Identifikasie Volgens Arabiese bronne was die koning se naam "Ella-Seham", soms geskryf as "Asjama", "Asmaha", "Sahama" of "Asbeha". Ethiopiese koningslyste bevat baie heersers met die name "Saham" en "Ella Saham", maar hulle het almal voor Kaleb (bewind: vroeë 6de eeu) regeer en dit was te vroeg om met die migrasie na Abessinië saam te val.

Volgens Ethiopiese bronne was 'n ander koning, Adriaz, 'n tydgenoot van die profeet Mohammed. 'n Ongepubliseer manuskrip lui dat hy van 603 tot 623 (Ethiopiese kalender) regeer het. Volgens Alaka Taje Gabra Mariam het die Moslemse migrasie in 620 (Ethiopiese kalender) plaasgevind en dit val in die bewind van Aderaz.

Verwysings

Bronne

W. Raven, "Some early Islamic texts on the negus of Abyssinia", Journal of Semitic Studies, 22 (1988), pp. 197–218

Skakels

Kategorie:Koninkryk Aksoem