Die Aksoemitiese Versameling is 'n manuskrip wat in Ge'ez geskryf is en verskeie tekste bevat. Dit is die oudste bekende kerkreg- en liturgiese tekste in Ge'ez. Die manuskrip dateer op die laatste van die 13de eeu, maar verteenwoordig 'n versameling vertaalde tekste uit Grieks in Ge'ez wat in die laat Oudheid gedoen is, iewers tussen die 5de en 6de eeu n.C., of op die laatste in die 7de eeu, in die tyd van die Koninkryk Aksoem.
Die teks in die versameling dek die gebiede kerkreg, liturgie, die geskiedenis van Egipte in die 4de en 5de eeu en die geskiedenis van die konisilies. Dit is waarskynlik tussen die middel 5de en middel 6de eeu saamgestel, en die inhoud toon sterk bande met 'n Egiptiese opset, veral met argiewe van Alexandrië. Sommige van die werke was vroeër verlore en is nou net uit die Aksoemitiese Versameling bekend. 'n Voorbeeld is die Apostoliese Tradisie, die belangrikste Christelike kerkwet-en-liturgiese werk. Dit was vroeër net gedeeltelik van Latynse fragmente bekend. Ander tekse in die manuskrip sluit in die Geskiedenis van die Episkopaat van Alexandrië, die Dooporde, die Kanons van Chalcedon, ensovoorts.
Die ontdekking van die manuskrip in 1999 het die destydse begrip van die ontwikkeling van die letterkundige geskiedenis en die vertalingsdinamika tydens die Etiopië van die laat Oudheid verander. Dit is ontdek deur Jacques Mercier, wat die bestudering daarvan aan Alessandro Bausi oorgelaat het. Bausi is steeds die primêre navorser en doen vertalings en publiseer uitgawes van die inhoud.
Verwysings
Bronne
Skakels
Kategorie:Koninkryk Aksoem Kategorie:Manuskripte