Die Kasakse nasionale vrouerugbyspan is die nasionale vrouerugbyspan wat Kasakstan in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle staan ook bekend as “Nomades”. Rugby word in Kasakstan geadministreer deur die Kasakse Rugbyunie (KRU) wat in 1993 gestig is. Die Kasakse vrouerugbyspan is tans (Junie 2025) 19de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Saam met Hongkong is Kasakstan tradisioneel een van die sterker Asiatiese nasionale vrouerugbyspanne ná Japan. Die Kasakse span speel tradisioneel in geel truie met blou broeke en geel sokkies – wat aan die kleure van die vlag van Kasakstan ontleen is.
Kasakstan het sy eerste toetswedstryd in 1993 teen Duitsland gespeel. Kasakstan het tot dusver vir ses van die nege vrouerugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer; in 1994 en 1998 het hulle met die negende plek hul beste prestasie behaal.
Beheerliggaam
Die beheerliggaam vir rugby in Kasakstan is die Kasakse Rugbyunie (KRU). Die KRU is in 1993 gestig en het in 1997 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit. Daarbenewens het die KRU in 1993 by die in 1968 gestigte Asiatiese Rugbyvoetbalunie (Engels: Asian Rugby Football Union, ARFU; nou Asië Rugby) aangesluit.
Geskiedenis Kasakstan het tussen 1994 en 2014 an ses vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Daarbenewens het hulle die Asië Viernasies-vrouetoernooi 2014 in Hongkong gewen. Tussen die vrouerugbywêreldbekertoernooie in 2014 en 2019 het die Kasakke slegs in vier toetswedstryde gespeel. Hulle kon tydens die Asiatiese Vrouekampioenskap 2019 die Chinese klop en daarmee vir die Asiatiese Vrouekampioenskap 2020 kwalifiseer.
Die Asiatiese Vrouekampioenskap 2020 is twee keer uitgestel voordat dit vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie heeltemal gekanselleer moes word. Die enigste oorblywende opponent was Hongkong wat om epidemiologiese redes egter ook aan die toernooi moes onttrek. Daarmee het hulle vir die uitspeelrondte gekwalifiseer, waar hulle teen Colombia te staan gekom het, maar met 18–10 geklop is.
Ná twee agtereenvolgende nederlae teen Hongkong in Desember 2022 het Kasakstan op Wêreldrugby se wêreldrangly van die 15de na die 20ste plek geval.
Trui en bynaam Kasakstan speel tradisioneel in ’n geel trui, blou broeke en geel sokkies met wit strepe, die kleure van die nasionale vlag. Hul alternatiewe trui is blou, donkerblou broeke en blou sokkies. Die nasionale span se bynaam is “Nomades”.
Toetswedstryde Kanada het 37 van sy 77 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 48,05%. Kasakstan se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen Junie 2025):
Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 4 3 1 0 75,00 3 0 3 0 0,00 1 0 1 0 0,00 3 0 3 0 0,00 7 4 3 0 57,14 6 3 3 0 50,00 2 2 0 0 100,00 10 7 3 0 70,00 2 0 2 0 0,00 1 1 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 2 2 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 4 1 3 0 25,00 3 0 3 0 0,00 1 0 1 0 0,00 4 3 1 0 75,00 2 2 0 0 100,00 2 0 2 0 0,00 4 1 3 0 25,00 1 1 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 2 0 2 0 0,00 5 2 3 0 40,00Algeheel 77 37 40 0 48,05
Rekords Wêreldbekerrekord Kasakstan het tot dusver aan ses vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die negende plek tydens die 1994- en 1998-toernooie.
Jaar Uitslag 1991 Nie deelgeneem nie 1994 Negende plek 1998 Negende plek 2002 Elfde plek 2006 Elfde plek 2010 Elfde plek 2014 Twaalfde plek 2017 Nie deelgeneem nie 2021 Nie gekwalifiseer nie 2025 Nie gekwalifiseer nie 2029 2033
Asiatiese Vrouekampioenskappe Kasakstan neem sedert 2007 aan die jaarlikse Asiatiese Vrouekampioenskap deel. Hulle het sedertdien vyf titels gewen.
Toernooititels (5): 2007, 2008, 2012, 2013, 2014
Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Kasakse span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbekerkwalifisering 2021:
Agterspelers (backs) Moldir Asjkat Xenija Kim Aljona Drobowskaja Milana Alajewa Swetlana Malezhina Blazhan Akhbajewa Darja Simakowa Anastassija Khodus Jekaterina Ardasjirowa Anna Melnikowa Amina Tulegenowa Diana Abisjewa Jelena Jurowa Swetlana ObukhojaVoorspelers (forwards) Veronika Stepanuyga Nigora Nurmatowa Alina Askerowa Daiana Kazibekowa Galina Krassawina Jekaterina Kamenkowa Kundjzaj Baktjbajewa Anzhelika Pichugina Akzharkjnaj Zholdaspajewa Balzhan Koishibajewa Darja Tkachjowa Lyudmila Scherer Karina Sazintowa 15px|Kaptein Natalja Kamendrowskaja Lilija Kibischewa Adina Makhsutowa
Bekende spelers Tot dusver is nog geen Kasakse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf van die Kasakse Rugbyunie Kasakstan by Wêreldrugby
Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Kasakstan