Victoria (Alexandrina Victoria; 24 Mei 1819 – 22 Januarie 1901) was van 20 Junie 1837 koningin van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland en van 1 Mei 1876 die eerste Keiserin van Indië van die Britse heerskappy tot met haar dood. Sy het 63 jaar en 7 maande regeer, langer as enige ander Britse monarg behalwe haar agter-agter-kleindogter Elizabeth II.
Hoewel sy die troon bestyg het in ’n tyd toe die Verenigde Koninkryk reeds ’n gevestigde grondwetlike monargie was waarin die monarg min politieke mag gehad het en invloed uitgeoefen het met die raad van die eerste minister, was sy steeds ’n baie belangrike simboliese figuur van haar tyd. Die periode van haar bewind is bekend as die Victoriaanse tydperk, ’n era van nywerheids-, maatskaplike, ekonomiese, politieke, militêre en tegnologiese vooruitgang in die Verenigde Koninkryk.
Victoria, wat feitlik ten volle van Duitse afkoms was, was die dogter van prins Edward, die Hertog van Kent en prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld; die kleindogter van George III en die broerskind van haar voorganger, William IV. Sy is opgevoed deur haar oom, wat later koning Leopold I van België geword het.
Sy het huwelike vir haar 9 kinders en 42 kleinkinders oor die hele Europa gereël; dit het haar die titel "ouma van Europa" besorg. Sy was die laaste monarg van die Huis van Hannover; haar seun koning Edward VII het tot die Huis van Sakse-Koburg en Gotha behoort.
Erfgenaam van die troon duimnael|links|upright|Prinses Victoria met haar spaniel Dash, skildery deur George Hayter in 1833. Koning William IV was die pa van 10 buite-egtelike kinders by sy minnares, die aktrise Dorothy Jordan, maar het geen kinders binne die huwelik gehad nie. Daarom was die jong prinses Victoria, sy broerskind, die vermoedelike troonopvolger. Die destydse wette het geen voorsiening gemaak vir ’n kind as monarg nie. Daarom moes ’n regent aangestel word ingeval Victoria die troon voor 18-jarige leeftyd bestyg. Die parlement het die Regentskapwet van 1830 aanvaar wat daarvoor voorsiening gemaak het dat Victoria se ma, die Hertogin van Kent, as regent sou optree indien dit nodig sou wees. Koning William het niks van die hertogin gehou nie en het by minstens een geleentheid gesê hy wil bly lewe tot Victoria 18 is om ’n regentskap te voorkom.
Prinses Victoria het haar toekomstige man, prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha, in 1836 ontmoet toe sy net 17 jaar oud was. Prins Albert was haar neef; sy pa, Ernest, was haar ma se broer. As monarg moes Victoria hom die jawoord vra en hulle het in 1840 getrou. Hulle huwelik was baie gelukkig.
Vroeë bewind Troonbestyging duimnael|links|Victoria kry van lord Conyngham (links) en die aartsbiskop van Kantelberg die nuus dat sy die nuwe koningin is. Op 24 Mei 1837 het Victoria 18 geword. Op 20 Junie van dié jaar is koning William op 71-jarige ouderdom aan sy hart dood en Victoria het koningin van die Verenigde Koninkryk geword. In haar dagboek het sy geskryf: "I was awoke at 6 o'clock by Mamma ...who told me the Archbishop of Canterbury and Lord Conyngham were here and wished to see me. I got out of bed and went into my sitting-room (only in my dressing gown) and alone, and saw them. Lord Conyngham then acquainted me that my poor Uncle, the King, was no more, and had expired at 12 minutes past 2 this morning, and consequently that I am Queen..." Sy is op 28 Junie 1838 gekroon en was die eerste monarg wat in Buckingham-paleis gewoon het.
Kragtens die Saliese wet mog geen vrou die troon van Hannover bestyg het nie en haar oom, die Hertog van Cumberland en Teviotdale, het William dus opgevolg as koning van Hannover – as Ernest Augustus I (hy was die vyfde seun en agtste kind van George III). Aangesien die jong koningin toe nog ongetroud en kinderloos was, het hy ook die vermoedelike troonopvolger van die Verenigde Koninkryk geword tot met die geboorte van Victoria se eerste kind, Victoria, in 1840.
duimnael|upright|Detail van koningin Victoria van "Staatsportret", deur sir George Hayter. Met haar troonbestyging was die Whig-party, met die uitsondering van kort periodes, sedert 1830 aan die bewind. Die Whig-premier, lord Melbourne, het dadelik ’n belangrike invloed geword in die lewe van die polities onervare koningin, wat swaar op hom gesteun het – sommige mense het selfs na Victoria verwys as "mev. Melbourne". Die Melbourne-bewind het egter nie lank geduur nie; dit het al hoe ongewilder geword en het dit al hoe moeiliker gevind om oor die Britse kolonies te regeer, veral in die tyd van die rebellies van 1837. In 1839 het lord Melbourne bedank nadat die Radicals en die Tories (van wie koningin Victoria in dié tyd niks gehou het nie) saamgespan het om ’n wet in die laerhuis te keer wat die grondwet van Jamaika sou herroep.
Die koningin het sir Robert Peel, ’n Tory, toe opdrag gegee om ’n nuwe kabinet saam te stel, en dit het ’n debakel bekend as die Slaapkamerkrisis ("Bedchamber Crisis") tot gevolg gehad. In dié tyd was dit gebruiklik dat die premier mense in die koninklike huishouding aanstel op grond van hul party-lojaliteit. Baie van die koningin se hofdames ("Ladies of the Bedchamber") was vroue van Whig-lede, maar sir Robert wou hulle met die vroue van Tories vervang. Victoria het sterk beswaar gemaak omdat sy hierdie vroue as vriendinne eerder as werknemers van ’n seremoniële instelling beskou het. Sir Robert het gevoel hy kan nie regeer onder die beperkings wat die koningin gestel het nie en het bedank. Melbourne het toe na sy amp teruggekeer.
Sluipmoordaanvalle en huwelik links|duimnael|Die troue van Victoria en Albert deur sir George Hayter. Die koningin het op 10 Februarie 1840 in die koninklike kapel van Sint James-paleis in Londen met haar neef prins Albert getrou. Albert het nie net haar eggenoot geword nie, maar ook ’n belangrike politieke raadgewer; hy het lord Melbourne ná dié se dood vervang as die belangrikste invloed op haar lewe.
Tydens haar eerste swangerskap het die 18-jarige Edward Oxford ’n sluipmoordaanval op die koningin uitgevoer terwyl sy saam met prins Albert in Londen in ’n koets gery het. Oxford het twee skote afgevuur, maar albei kere misgeskiet. Hy is van hoogverraad aangekla, maar is vrygespreek op grond van kranksinnigheid. Ondanks die aanval is die eerste van die koningin se nege kinders, Victoria, op 21 November 1840 gebore.
upright|duimnael|’n Jong koningin Victoria. Tussen Mei en Julie 1842 was daar nog sluipmoordaanvalle op Victoria. Op 29 Mei het John Francis in Sint James-park op die koningin geskiet terwyl sy in ’n koets gery het, maar hy is dadelik deur polisiekonstabel William Trounce gevang. Francis is van hoogverraad aangekla. Sy doodsvonnis is later versag tot lewenslange tronkstraf. Op 13 Junie 1842 het Victoria per trein na Bishop's Bridge, naby Paddington in Londen, gereis in ’n spesiale koninklike wa wat deur die Great Western-lyn verskaf is. Saam met haar was prins Albert en die ingenieur van die Great Western-lyn, Isambard Kingdom Brunel. Die koningin en prinsgemaal het albei gekla dat die trein te vinnig ry teen 32 km per uur en was bang dat die trein sou ontspoor. Op 3 Julie, net dae nadat Francis se vonnis versag is, het John William Bean probeer om die koningin te skiet. Prins Albert het gevoel die voorvalle is aangevuur deur Oxford se vryspreking in 1840. Hoewel sy geweer net met papier en tabak gelaai was, was sy daad steeds met die dood strafbaar. Omdat prins Albert gevoel het dié straf sou te swaar wees, het hy die parlement aangemoedig om die Verraadwet van 1842 te aanvaar. Daarvolgens sou ’n aanval met ’n gevaarlike wapen in die teenwoordigheid van die monarg met die doel om haar skrik te maak, strafbaar wees met sewe jaar tronkstraf asook lyfstraf. Bean is dus gevonnis tot 18 maande tronkstraf; nie hy of enigiemand wat daarna die wet oortree het, is egter ooit lyfstraf opgelê nie.
In 1849 het ’n werklose en ontevrede Ier, William Hamilton, probeer om die koningin skrik te maak deur ’n skoot af te vuur terwyl haar koets met Constitution Hill, Londen, langs gery het. Hamilton is onder die 1842-wet aangekla; hy het skuld beken en het die maksimum straf van sewe jaar tronkstraf gekry.
In 1850 is die koningin beseer toe sy deur ’n moontlik kranksinnige oud-weermagoffisier, Robert Pate, aangeval is. Pate het met ’n kierie na haar koets geslaan en die koets beskadig. Die koningin het kneusplekke opgedoen. Pate is aangekla en toe hy nie kon bewys dat hy kranksinnig is nie, het hy dieselfde straf as Hamilton gekry.
Ierland duimnael|upright|Victoria en haar jongste dogter, prinses Beatrice; foto deur Alexander Bassano. Victoria was dol op Ierland en het in Killarney vakansie gehou. Haar liefde vir die land is aanvanklik beantwoord met Ierse toegeneentheid jeens die jong koningin. In 1845 het ’n aartappelskimmel Ierland getref wat die lewe van meer as ’n miljoen Iere oor vier jaar geëis het en tot die emigrasie van nog ’n miljoen gelei het. In reaksie op wat bekend geword het as die Ierse Aartappelskaarste (An Gorta Mór – Iers vir "Die Groot Hongersnood"), het die koningin persoonlik £2000 sterling aan die verhongerde volk geskenk.
Die beleidrigtings van haar minister lord John Russell is egter dikwels blameer vir die verergering van die hongersnood en dit het die koningin se gewildheid in Ierland laat afneem. Haar eerste amptelike besoek aan die land in 1849 is gereël om die aandag van die hongersnood af te lei en ook om deur Victoria se teenwoordigheid die erns van die krisis te beklemtoon. Haar persoonlike skenking is nie opgevolg deur enige aksie om die hongersnood te verlig nie en sy het in Ierland bekend geword as die "Hongersnood-koningin"Dit was die naam van Maud Gonne se artikel in 1900 oor koningin Victoria se besoek aan Ierland en dit het haar beeld baie skade berokken.http://news.bbc.co.uk/1/hi/northern_ireland/2951395.stm
Teen die 1870's en 1880's het die monargie se gewildheid baie afgeneem in Ierland, deels omdat Victoria geweier het om die land te besoek uit protes teen die Dublin Corporation se besluit om nie haar seun, die Prins van Wallis, geluk te wens met sy huwelik met prinses Alexandra van Denemarke of met die geboorte van die egpaar se oudste seun, prins Albert Victor, nie. duimnael|upright|Koningin Victoria in Dublin, 1900 Sy het herhaaldelik geweier om ’n koninklike woning in Ierland te vestig, ondanks druk van ’n paar premiers, onderkonings en selfs lede van die koningsgesin.
Sy het Ierland in 1900 die laaste keer besoek toe sy ’n beroep op die Iere gaan doen het om by die Britse weermag aan te sluit en in die Anglo-Boereoorlog te veg. Nasionalistiese teenkanting teen haar besoek is gelei deur Arthur Griffith, wat ’n organisasie met die naam Cumann na nGaedhael gestig het om die teenstanders te verenig. Vyf jaar later het Griffith die kontakte wat hy in die proses opgebou het, gebruik om ’n nuwe politieke beweging, Sinn Féin, te stig.
Weduwee duimnael|links|upright|Victoria in 1860, foto deur J. J. E. Mayall. Die prinsgemaal is op 14 Desember 1861 aan ingewandskoors dood weens die swak sanitêre toestand in Windsor-kasteel. Sy dood het Victoria baie swaar getref nadat haar ma vroeër in die jaar dood is. Sy het ’n routydperk betree en vir die res van haar lewe swart gedra. Sy het min in die openbaar verskyn en die volgende paar jaar min in Londen gekom. Haar afsondering het haar die bynaam "Weduwee van Windsor" besorg. Sy het haar seun Edward, die Prins van Wallis, vir sy pa se dood blameer – Albert het in November gehoor van Edward se swak gedrag en het na Cambridge gereis om sy seun te konfronteer.
duimnael|upright|Victoria saam met John Brown by Balmoral, foto deur G. W. Wilson in 1863.