Kenhardt is 'n dorp in die Noord-Kaap (Suid-Afrika) wat in 1868 gestig. Die Rooibergdam is naby geleë.
Geskiedenis Die dorp het op 27 Desember 1868 ontstaan toe 'n polisiebuitepos hier gestig is. Vyftig berede polisiemanne en 'n spesiale magistraat, Maximilian Jackson, het hulle onder 'n reuse kameeldoringboom gevestig. Nuwe nedersetters het hulle by die polisiemag onder die kameeldoringboom gevestig en in 1876 het die nedersetting 'n dorp geword. Die NG gemeente is in 1889 gestig.
Distrik Die distrik is 37 000 km2 groot; die vierde grootste in die land. Merino- en karakoelboerdery is die belangrikste ekonomiese aktiwiteit. Daar word ook koring verbou. Die dorp is 'n belangrike padaansluiting; nege verskillende paaie kom in die dorp bymekaar. Die R27 gaan deur die dorp. Die Sishen-Saldanha Spoorlyn gaan ook naby die dorp verby.
Die kameeldoringboom waaronder die spesiale magistraat sy tent opgeslaan het, bestaan nog en is tot 'n nasionale monument verklaar.
Persone gebore in Kenhardt Abie Malan, (18 November 1935), Springbokkaptein
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Kokerboomwoud
Bronnelys Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Eksterne skakels Inligting op northerncape.org.za
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap