duimnael|350px|Die voorkant, of oostekant, van Buckingham-paleis. Dit is oorspronklik deur die argitek Edward Blore gebou en in 1850 voltooi. Sir Aston Webb het dit in 1913 herontwerp. duimnael|upright|Koningin Victoria, die eerste monarg wat in Buckingham-paleis gewoon het, het in die pas voltooide paleis ingetrek ná haar troonbestyging in 1837.
Buckingham-paleis (Engels: Buckingham Palace) is die amptelike woning van die Britse monarg in Londen. Dit is in Westminster geleë en staatsgeleenthede en koninklike onthale word hier gehou. Dit het ook ’n groot toerisme-aantrekking en dele van die gebou is sedert 1995 vir toeriste oop.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Die paleis was oorspronklik bekend as Buckingham House. Die gebou wat tans die kern van die paleis vorm, was ’n groot huis wat in 1703 vir John Sheffield, die Hertog van Buckingham, gebou is en in 1761 deur koning George III gekoop is as ’n privaat woning, bekend as The Queen's House.
Dit is die afgelope 75 jaar vergroot, grootliks deur die argitekte John Nash en Edward Blore. Buckingham-paleis het in 1837 die amptelike koninklike woning geword toe koningin Victoria die troon bestyg. Die laaste groot veranderings is in die laat 19de en vroeë 20ste eeu aangebring; dit sluit die aanbou van die oosvleuel in met die bekende balkon waarop die koninklike familie tradisioneel byeenkom om die skare buite te groet. Die paleiskapel is egter tydens die Tweede Wêreldoorlog deur ’n Duitse bom verwoes. Die Queen's Gallery is in die plek daarvan gebou en het in 1962 vir die publiek geopen met werke van die Koninklike Versameling wat daar uitgestal word.
Die oorspronklike vroeë 19de-eeuse binneversiering, waarvan ’n groot deel nog bestaan, sluit in die kwistige gebruik van helderkleurige nagemaakte marmer en blou en pienk lapis. Koning Edward VII het herversierings laat doen in ’n room- en goudkleurige Belle Époque-styl. Baie kleiner onthaalsale is gemeubileer in die Chinese regentskapstyl met bybehore uit die Royal Pavilion in Brighton en Carlton House. Die paleistuin is die grootste privaat tuin in Londen.
Die staatskamers, wat vir amptelike en staatsonthale gebruik word, is elke jaar van Augustus tot September vir die publiek oop. Koningin Elizabeth II en lede van die koningsgesin gebruik die paleis vir amptelike en staatsonthale. Die paleis het sy eie poskantoor en die unieke poskode SW1A 1AA.
Geskiedenis Terrein duimnael|’n Skildery van Buckingham House deur ’n onbekende kunstenaar, omstreeks 1800. In die Middeleeue was die terrein waarop die paleis gebou is, deel van die Ebury-landgoed (ook Eia genoem). Die vleiagtige grond het water gekry van die Tyburnrivier, wat steeds ondergronds vloei onder die binnehof en suidvleuel van die paleis.Goring, bl. 15 Die dorp Eye Cross het aan die rivieroewers ontstaan. Die terrein het baie eienaars gehad, van Eduard die Belyer in die laat Saksiese tyd tot Willem die Veroweraar. Willem het dit aan Geoffrey de Mandeville geskenk, en hy het dit aan die monnike van die Westminster-abdy nagelaat.The topography of the site and its ownership are dealt with in Wright, chapters 1–4
Koning Hendrik VIII het die Hospitaal van Sint James (later die Sint James-paleis), in 1531 van Eton-kollege gekoop,Goring, bl. 28 en in 1536 het hy die Ebury-landgoed van die Westminster-abdy teruggevat.Goring, bl. 18 Hierna was die terrein vir die eerste keer weer in koninklike hande vandat Willem die Veroweraar dit byna 500 jaar tevore weggegee het.The Acquisition of the Estate, Survey of London: volume 39: The Grosvenor Estate in Mayfair, Part 1 (General History) (1977), bl. 1–5. URL besoek op 3 Februarie 2009
Verskeie eienaars het dit van koninklike landhere gehuur. Die dorp Eye Cross het voorheen vervalle geraak en die gebied was merendeels leeg en onbewoon.Wright, bl. 76–8 Toe Jakobus I geld nodig het, het hy ’n deel van die eiendom verkoop terwyl hy op die ander deel ’n moerbeituin aangelê het vir die vervaardiging van sy. (Dit is nou aan die noordwestekant van die paleis.)Goring, bl. 31&36 Eindelik, in die laat 17de eeu, het Mary Davies die verkoopte deel van die eiendom van die eiendomsmagnaat sir Hugh Audley geërf.
Eerste huise op die terrein Goring House Die eerste huis wat op die terrein gebou is, was waarskynlik dié van sir William Blake, omstreeks 1624.Wright, bl. 83 Die volgende eienaar was George Goring, die 1ste Graaf van Norwich, wat Blake se huis van 1633 af uitgebrei het en die grootste deel van vandag se tuin aangelê het; dit was toe bekend as Goring Great Garden.Goring, Chapter VHarris, bl. 21
Arlington House Henry Bennet, die 1ste Graaf van Arlington, het Goring House gekoop en daarin gewoon toe dit in 1674 afbrand. Hy het die volgende jaar ’n nuwe huis, Arlington House, laat bou (die suidvleuel van die hedendaagse paleis).
Buckingham House duimnael|Die paleis omstreeks 1837 met die Marmerboog, wat die seremoniële ingang tot die paleis was. Dit is geskuif om plek te maak vir die oosvleuel, wat in 1847 gebou is en die binnehof toegemaak het. Die huis wat die argitektoniese kern van die huidige paleis vorm, is in 1703 vir die eerste Hertog van Buckingham gebou. Dit was ’n groot sentrale drieverdiepingblok met twee kleiner diensvleuels.Harris, bl. 22 Buckingham House is eindelik in 1761 deur Buckingham se afstammeling sir Charles Sheffield aan George III verkoop.Robinson, bl. 14
Van The Queen's House tot paleis George III het die huis aanvanklik gekoop as ’n privaat huis, veral vir sy vrou, koningin Charlotte. Dit was hierna bekend as The Queen's House. Van hul 15 kinders is 14 hier gebore. Sint James-paleis het die amptelike en seremoniële koninklike woning gebly.Westminster: Buckingham Palace, Old and New London: Volume 4 (1878), bl. 61–74. URL besoek op 3 Februarie 2009.
Herbouwerk aan die huis het in 1762 begin.Harris, bl. 24 Nadat hy die troon in 1820 bestyg het, het koning George IV die restourasie voortgesit met die idee van ’n klein, gemaklike woning. Terwyl die werk aan die gang was, het hy in 1826 besluit om die huis in ’n paleis te omskep met die hulp van sy argitek, John Nash.Harris, bl. 30–31 Sommige meubels en bybehore is van Carlton House af gebring en ander is ná die Franse Rewolusie in Frankryk gekoop.Jones, bl. 42 Die eksterne fasade is ontwerp met George IV se voorkeur vir die Franse neo-klassieke invloed in gedagte. Die koste van die herbouwerk het teen 1829 geweldig gestyg en die oordadigheid van Nash se ontwerpe het daartoe gelei dat hy as argitek afgedank is. Ná George IV se dood in 1830 het sy jonger broer, koning William IV, die argitek Edward Blore gehuur om die werk te voltooi.Harris, bl. 33
Woning van die monarg
Buckingham-paleis het in 1837 eindelik die hoofwoning van die monarg geword toe koningin Victoria die troon bestyg. Sy was die eerste monarg wat daar gewoon het omdat William IV dood is voor die voltooiing van die herbouwerk.Hedley, bl. 10 Terwyl die staatskamers uitspattig en kleurryk was, was die res van die paleis ietwat minder luuksueus. Die skoorstene het gerook, ventilasie was so swak dat die binnekant sleg geruik het en toe besluit is om gaslampe te installeer, was daar groot kommer oor die opbou van gas op die onderste verdiepings. Die peroneel was glo ook laks en die paleis was vuil.Woodham-Smith, bl. 249 Ná die koningin se troue in 1840 het haar man, prins Albert, tot in 1840 die personeel reorganiseer en aandag gegee aan die ontwerpprobleme.
Teen 1847 het die egpaar besluit die paleis is te klein vir die hoflewe en hul groeiende gesin.Harris, de Bellaigue & Miller, bl. 33 Die nuutste aanbouing, die oosvleuel, wat deur Edward Blore ontwerp en deur Thomas Cubitt gebou is,Holland & Hannen and Cubitts – The Inception and Development of a Great Building Firm, 1920, bl. 35 het die sentrale binnehof toegemaak. Dit is vandag die "openbare gesig" van die paleis en bevat die balkon van waar die koninklike familie die publiek groet op belangrike geleenthede. Die balsaal en nog staatskamers is ook in dié tyd aangebou deur Nash se student sir James Pennethorne.
Voor prins Albert se dood is groot musikale vermaak in die paleis aangebied.Hedley, bl. 19 Van die grootste musici van dié tyd het daar opgetree, onder andere die komponiste Felix MendelssohnHealey, bl. 137–138 en Johann Strauss junior.Healey, bl. 122 Strauss se "Alice-polka" is in 1849 vir die eerste keer in die paleis uitgevoer ter ere van die koningin se dogter, prinses Alice.Allen's Indian Mail, and Register of British and Foreign India, China, and all parts of the East. 1850, Vol. VIII. Google Book link Uitspattige kostuumdanse is ook gehou benewens die gewone koninklike seremonies, inhuldigings en ander geleenthede.
Toe prins Albert in 1861 sterf, het die hartseer koningin haar van die openbare lewe onttrek en in Windsor-kasteel, Balmoral-kasteel en Osborne House gaan bly. Die paleis is jare lank selde gebruik en dit is selfs verwaarloos. In 1864 is ’n nota aan die heining van die paleis gevind met die boodskap: "These commanding premises to be let or sold, in consequence of the late occupant's declining business."John Gardiner The Victorians: An Age in Retrospect, Londen: Hambledon Continuum, 2007 , bl. 142 Eindelik het die koningin op die publiek se aandrang na die paleis teruggekeer, hoewel sy steeds op ander plekke gaan bly het indien moontlik. Die hof het steeds funksies by Windsor-kasteel gehou eerder as by Buckingham-paleis, en dan het die koningin swart gedra as teken van rou. Buckingham-paleis het die grootste deel van die jaar leeg gestaan.Robinson, bl. 9
Binnekant duimnael|links|220px|Vloerplan van Buckingham-paleis. A: Amptelike eetsaal; B: Blou sitkamer; C: Musiekkamer; D: Wit sitkamer; E: Privaat kamer; F: Troonkamer; G: Groen sitkamer; H: Galery; J: Balkamer; K: Oosgalery; L: Geel sitkamer; M: Sentrale balkonkamer; N: Sjinese eetkamer; O: Hoofgang; P: Privaat woonkamers; Q: Diensareas; W: Groot Trap. Op die grondverdieping: R: Ambassadeursingang; T: Groot ingang. Die dele wat met grys lyne aangedui word, is minder belangrike onderste vleuels. Let wel: Die plan is nie volgens skaal nie. 220px|duimnael|Prins Philip by een van die baie kaggels wat van die Royal Pavilion in Brighton gebring is. Die paleis is 108 x 120 m groot en 24 m hoog. Die vloerruimte is meer as 77 000 m2. Die belangrikste kamers is agter die wesfasade aan die agterkant van die paleis. Die middelpunt van dié deel is die musiekkamer, met sy groot strik as die oorheersende eienskap van die fasade. Weerskante van die musiekkamer is die blou en die wit sitkamer. Hieragter is die prentegalery, wat dien as ’n verbindingsgang tussen die staatskamers. Dit is 50 m lank.Harris, bl. 41 Hier hang verskeie werke, insluitende dié van Rembrandt, Van Dyck, Rubens en Vermeer.Harris, bl. 78–79Healey, bl. 387–388 Ander kamers wat uit die prentegalery uitloop, is die troonkamer en die groen sitkamer. Laasgenoemde is deel van die seremoniële roete na die troon vanaf die wagkamer aan die bopunt van die groot trap. Die wagkamer bevat wit marmerbeelde van koningin Victoria en prins Albert in Romeinse klere. Dié formele kamers word net gebruik vir seremoniële en amptelike onthale, maar is in die somer vir die publiek oop.
Net onder die staatskamers is ’n stel minder uitspattige kamers bekend as halfamptelike kamers. Die ingang is van die marmersaal af en die kamers word gebruik vir minder formele geleenthede soos etes en private ontmoetings. Sommige kamers is na spesifieke besoekers genoem, soos die 1844-kamer, wat in dié jaar versier is vir die staatsbesoek van keiser Nikolaas I van Rusland, en die 1855-kamer, ter ere van die besoek van keiser Napoleon III van Frankryk.Harris, bl. 81 In die middel hiervan is die kamer waardeur duisende besoekers stap na die tuin vir die koningin se jaarlikse tuinpartye.Harris, bl. 40 Die koningin gebruik ’n kleiner stel kamers in die noordvleuel.