Elizabeth II (Elizabeth Alexandra Mary; 21 April 1926 - 8 September 2022) was vir meer as 70 jaar die koningin van die Verenigde Koninkryk en verskeie ander onafhanklike state van dir Britse Ryk en hul oorsese gebiede.
Elizabeth is in Mayfair, Londen, gebore as die oudste kind van die Hertog en Hertogin van York (later koning George VI en koningin Elizabeth). Haar vader het die troon in 1936 bestyg ná die abdikasie van sy broer, koning Edward VIII, en Elizabeth het die vermoedelike troonopvolger geword. Sy is tuis privaat onderrig en het haar openbare verpligtinge in die Tweede Wêreldoorlog begin. In November 1947 is sy getroud met Philip Mountbatten, 'n voormalige prins van Griekeland en Denemarke. Hulle huwelik het 73 jaar geduur tot met sy dood in 2021, en hulle het vier kinders gehad: Charles, Anne, Andrew en Edward.
Met haar vader se dood in Februarie 1952 het die destyds 25-jarige Elizabeth die koningin van sewe onafhanklike Statebondslande geword: die Verenigde koninkryk, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Pakistan en Ceylon, sowel as hoof van die Statebond. Sy het as 'n konstitusionele monarg regeer deur groot politieke veranderings, onrus in Noord-Ierland, die afwenteling van die Verenigde Koninkryk, die dekolonisasie van Afrika en die onttrekking uit die Europese Unie. Haar aantal ryke het oor tyd gewissel namate gebiede onafhanklik geword en sommige ryke republieke geword het. Haar baie historiese besoeke en ontmoetings sluit in 'n staatsbesoek aan die Republiek Ierland in 2011 en besoeke aan elk van vyf pouse.
Belangrike gebeure sluit in haar kroning in 1953 en die viering van haar silwer-, goue, diamant- en platinumjubileum in 1977, 2002, 2012 en 2022 onderskeidelik. Elizabeth is die Britse monarg wat die langste gelewe en regeer het, die langsregerende vroulike staatshoof in die geskiedenis, en was vir lank die oudste lewende monarg en langsdienende staatshoof. Kritiek het haar en die koningshuis soms in die gesig gestaar, veral ná die mislukking van haar kinders se huwelike, haar annus horribilis in 1992 en die dood van haar voormalige skoondogter Diana, Prinses van Wallis, in 1997. Steun vir die monargie in die Verenigde Koninkryk en haar persoonlike gewildheid het egter altyd hoog gebly.
Vroeë lewe
Elizabeth is op 21 April 1926 gebore tydens die bewind van haar oupa aan vaderskant, koning George V. Haar vader, die Hertog van York (later koning George VI), was die koning se tweede oudste seun. Haar moeder, die Hertgin van York (later koningin Elizabeth die koninginmoeder), was die jongste dogter van 'n Skotse aristokraat, Claude Bowes-Lyon, 14de Graaf van Strathmore en Kinghorne. Elizabeth is met 'n keisernee gebore in die huis van haar oupa aan moederskant in Mayfair, Londen.Bradford (2012), p. 22; Brandreth, p. 103; Marr, p. 76; Pimlott, pp. 2–3; Lacey, pp. 75–76; Roberts, p. 74 Sy is Elizabeth gedoop na haar moeder; Alexandra na haar oumagrootjie aan vaderskant, wat ses maande vroeër gesterf het; en Mary na haar vader se moeder.Brandreth, p. 103 Haar familie het haar "Lilibet" genoem,Pimlott, p. 12 want dit was aanvanklik haar naam vir haarself.Williamson, p. 205
Elizabeth se enigste sibbe, prinses Margaret, is in 1930 gebore. Die twee prinsesse is tuis onderrig onder toesig van hulle moeder en hulle goewernante, Marion Crawford, wat algemeen bekend was as Crawfie.Crawford, p. 26; Pimlott, p. 20; Shawcross, p. 21 In lesse is gekonsentreer op geskiedenis, taal, letterkunde en musiek.Brandreth, p. 124; Lacey, pp. 62–63; Pimlott, pp. 24, 69 Crawford het in 1950 'n biografie oor Elizabeth en Margaret se kinderjare, The Little Princesses, gepubliseer tot ergernis van die koningsgesin.Brandreth, pp. 108–110; Lacey, pp. 159–161; Pimlott, pp. 20, 163 In die boek word Elizabeth se liefde vir perde en honde beskryf, haar ordelikheid en haar verantwoordelikheid.Brandreth, pp. 108–110 Ander het dieselfde waarnemings gehad: Winston Churchill het die tweejarige Elizabeth beskryf as "'n karakter. Sy het 'n air van gesag en reflektiwiteit wat verstommend in 'n jong kind is."Brandreth, p. 105; Lacey, p. 81; Shawcross, pp. 21–22
Vermoedelike troonopvolger duimnael|200px|'n Portret van Edward VIII in 1925, voordat hy koning geword het, deur John St Helier Lander. Met haar geboorte was Elizabeth die derde aanspraakmaker op die Britse troon – ná haar oom, prins Edward, die Prins van Wallis en haar vader. Daar was geen rede om te glo sy sou ooit die troon bestyg nie, aangesien algemeen aanvaar is dat die Prins van Wallis sou trou en kinders hê.Bond, p. 8; Lacey, p. 76; Pimlott, p. 3
Toe haar oupa in 1936 sterf en haar oom hom as Edward VIII opvolg, het sy die tweede aanspraakmaker op die troon geword, ná haar vader. Later daardie jaar het Edward VIII geabdikeer nadat sy voorgenome huwelik met die geskeide Wallis Simpson 'n konstitusionele krisis veroorsaak het.Lacey, pp. 97–98 Elizabeth se vader het koning George VI geword en aangesien Elizabeth geen broers gehad het nie, het sy die vermoedelike troonopvolger geword. As haar ouers later 'n seun gehad het, sou hy die regmatige troonopvolger geword het en sou hy voor haar in die lyn van opvolging gewees het, omdat die opvolging in dié tyd bepaal is deur 'n voorkeur vir manlike eersgeboortereg.Marr, pp. 78, 85; Pimlott, pp. 71–73
Elizabeth het tuis verdere onderrig ontvang in grondwetlike geskiedenisBrandreth, p. 124; Crawford, p. 85; Lacey, p. 112; Marr, p. 88; Pimlott, p. 51; Shawcross, p. 25 en Frans. 'n Girl Guides-vereniging is spesiaal gestig sodat sy met meisies van haar eie ouderdom kon sosialiseer.Marr, p. 84; Pimlott, p. 47
In 1939 het Elizabeth se ouers deur Kanada en die VSA getoer. Nes in 1927, toe hulle deur Australië en Nieu-Seeland getoer het, het Elizabeth in Brittanje agtergebly, want haar vader het gedink sy is nog te jonk vir openbare toere.Pimlott, p. 54
Tweede Wêreldoorlog duimnael|200px|links|Sy is in die Auxiliary Territorial Service as drywer en werktuigkundige opgelei.
In September 1939 het Brittanje tot die Tweede Wêreldoorlog toegetree. Daar is voorgestel prinsesse Elizabeth en Margaret word na Kanada in veiligheid gestuur om die voortdurende lugaanvalle van Londen deur die Luftwaffe vry te spring. Hulle moeder het die idee verwerp en gesê: "Die kinders sal nie sonder my gaan nie. Ek sal nie sonder die koning gaan nie. En die koning sal nooit gaan nie."
duimnael|260px|Elizabeth (heel links) saam met haar gesin en Churchill op die balkon van Buckingham-paleis op 8 Mei 1945, Oorwinningsdag in Europa. Die prinsesse het in Balmoral-kasteel, Skotland, gebly tot met Kersfees 1939, toe hulle na Sandringham House, Norfolk, geneem is.Crawford, pp. 104–114; Pimlott, pp. 56–57 In Mei 1940 is hulle na Windsor-kasteel, waar hulle die grootste deel van die volgende vyf jaar gebly het.Crawford, pp. 114–119; Pimlott, p. 57 In 1940 het die 14-jarige Elizabeth haar eerste radio-uitsending gemaak tydens die BBC se Children's Hour; sy het 'n boodskap aan ander kinders uitgesaai wat uit die stede in veiligheid gebring is.
In 1943 het Elizabeth haar eerste openbare verskyning alleen gemaak op 'n besoek aan die Grenadier Guards, waarvan sy die vorige jaar as kolonel aangestel is. Toe sy haar agttiende verjaardag nader, het die parlement die wet verander sodat sy as een van die vyf staatsraadgewers kon optree ingeval haar vader oorsee iets oorkom of verdwyn, soos op sy besoek in Julie 1944 aan Italië.Pimlott, p. 71
In Februarie 1945 is sy as 'n junior offisier aangestel in die Auxiliary Territorial Service, met die diensnommer 230873. Sy is as drywer en werktuigkundige opgelei en het vyf maande later die titel ere- junior kommandant gekry.Bradford (2012), p. 45; Lacey, p. 148; Marr, p. 100; Pimlott, p. 75
Aan die einde van die oorlog in Europa het Elizabeth en Margaret incognito met die feesvierende skare in die strate van Londen gemeng.Bond, p. 10; Pimlott, p. 79
Prinses Elizabeth het in 1947 saam met haar ouers op haar eerste oorsese toer gegaan deur Suider-Afrika. Tydens die toer, in 'n uitsending aan die Britse Statebond op haar 21ste verjaardag in Kaapstad, Suid-Afrika, het sy die volgende belofte gemaak: "I declare before you all that my whole life, whether it be long or short, shall be devoted to your service and the service of our great imperial family to which we all belong."
Troue Elizabeth het haar toekomstige man, prins Philip van Griekeland en Denemarke, in 1934 en 1937 ontmoet.Brandreth, pp. 132–139; Lacey, pp. 124–125; Pimlott, p. 86 Hulle was agterkleinneef- en deur koningin Victoria en koning Christiaan IX van Denemarke. Ná nog 'n ontmoeting in Julie 1939 by die Britse vlootkollege in Dartmouth het Elizabeth – toe net 13 jaar oud – gesê sy het op Philip verlief geraak en hulle het begin korrespondeer.Bond, p. 10; Brandreth, pp. 132–136, 166–169; Lacey, pp. 119, 126, 135 Sy was 21 toe hulle verlowing op 9 Julie 1947 amptelik aangekondig is.Heald, p. 77
duimnael|links|300px|Elizabeth en Philip poseer by Buckingham-paleis vir foto's ná hulle troue in 1947. Die verlowing was nie sonder omstredenheid nie; Philip het geen finansiële status gehad nie, is in die buiteland gebore (al was hy 'n Britse onderdaan wat in die Tweede Wêreldoorlog in die Britse vloot gedien het) en het susters gehad wat met Duitse adellikes met Nazibande getroud was. Marion Crawford het geskryf "die koning se raadgewers het nie gedink hy is goed genoeg vir haar nie. Hy was 'n prins sonder 'n tuiste of koninkryk." Sommige koerante het gehaper op Philip se buitelandse oorsprong.Crawford, p. 180 Volgens latere biografieë het Elizabeth se moeder haar bedenkinge gehad en het sy Philip geterg as "die Hun".Brandreth, p. 314 Later het die koninginmoeder egter vir die biograaf Tim Heald gesê Philip is 'n "Engelse gentleman".Heald, p. xviii
Voor die huwelik het Philip afstand gedoen van sy Griekse en Deense titels, het hy die Anglikaanse geloof aangeneem en was hy bekend as "luitenant Philip Mountbatten" nadat hy die van van sy moeder se Britse familie aangeneem het.Hoey, pp. 55–56; Pimlott, pp. 101, 137 Net voor die huwelik het hy die titel "Hertog van Edinburg" en aanspreekvorm "Sy Koninklike Hoogheid" gekry.
Elizabeth en Philip is op 20 November 1947 in die Westminster-abdy getroud. Omdat Brittanje nog nie van die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog herstel het nie, het Elizabeth rantsoenkoepons gekry om die materiaal vir haar trourok te koop.Hoey, p. 58; Pimlott, pp. 133–134 In dié tyd was dit nie aanvaarbaar dat Philip se Duitse familielede, insluitende sy drie oorlewende susters, na die troue genooi word nie.Hoey, p. 59; Petropoulos, p. 363 Die Hertog van Windsor, voorheen koning Edward VIII, is ook nie genooi nie.Bradford (2012), p. 61
Elizabeth het op 14 November 1948 die lewe aan haar eerste kind, prins Charles, geskenk. 'n Maand vantevore het die koning 'n patentbrief uitgereik om aan haar kinders by geboorte aanspraak op die titel prins en prinses te gee. Daarsonder sou dit nie moontlik gewees het nie, want hulle pa was nie meer 'n koninklike prins nie.Letters Patent, 22 October 1948; Hoey, pp. 69–70; Pimlott, pp. 155–156 'n Tweede kind, prinses Anne, is in 1950 gebore.Pimlott, p. 163
Bewind Troonbestyging en kroning duimnael|230px|'n Kroningsfoto van die koningin saam met haar man, Philip, 1953.