Edward VII (Albert Edward, deur sy familie meestal "Bertie" genoem; 9 November 1841 – 6 Mei 1910) was koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse dominiums asook Keiser van Indië van 22 Januarie 1901 tot met sy dood op 6 Mei 1910. Hy was die eerste monarg van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat deur sy seun George V hernoem is tot die Huis van Windsor.
Voor hy koning geword het, was Edward die Prins van Wallis en regmatige troonopvolger vir langer as enigiemand anders in die geskiedenis.Hy was die regmatige opvolger vir 59 jaar, 2 maande en 14 dae. Koning Charles III, die laaste Prins van Wallis, het dit op 21 April 2011 oortref. Edward was Prins van Wallis vir 59 jaar, 1 maand en 13 dae; Charles het dit op 9 September 2017 oortref. Tydens die lang tyd dat sy ma, koningin Victoria, ’n weduwee was, was hy grootliks uitgesluit van enige politieke mag en het hy die modebewuste elite met ’n luilekker lewe verpersoonlik.
Bewind Die Edwardiaanse tydperk, wat ooreengestem het met Edward se bewind en na hom genoem is, het saamgeval met die begin van ’n nuwe eeu en het belangrike veranderings ingelui in tegnologie en die gemeenskap, soos die opgang van sosialisme en die Arbeidsbeweging. Edward het ’n rol gespeel in die modernisering van die Britse Vloot, die hervorming van die weermag se mediese dienste en die reorganisasie van die Britse weermag ná die Anglo-Boereoorlog. Sy werk om goeie betrekkinge met ander Europese lande, veral Frankryk, te bevorder, het hom die bynaam "Vredemaker" besorg; dit kon egter nie die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 verhoed nie.
Titels en aanspreekvorms 9 November – 8 Desember 1841: Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Cornwallis 8 Desember 1841 – 22 Januarie 1901: Sy Koninklike Hoogheid die Prins van Wallis in Skotland: Sy Koninklike Hoogheid prins Albert Edward, die Hertog van Rothesay 17 Januarie 1850 – 22 Januarie 1901: Die Graaf van Dublin 22 Januarie 1901 – 6 Mei 1910: Sy Majesteit die Koning met betrekking tot Indië: Sy Keiserlike Majesteit die Koning-keiser
Kinders NaamGeboreOorledeNotasPrins Albert Victor, Hertog van Clarence en Avondale8 Januarie 186414 Januarie 1892 Koning George V3 Junie 186520 Januarie 1936Getroud 1893, prinses Mary van Teck; het kinders gehadLouise van Sakse-Koburg en Gotha, Hertogin van Fife20 Februarie 18674 Januarie 1931Getroud 1889, Alexander Duff, 1ste Hertog van Fife; het kinders gehadPrinses Victoria van die Verenigde Koninkryk6 Julie 18683 Desember 1935 Prinses Maud van Wallis26 November 186920 November 1938Getroud 1896, Haakon VII van Noorweë; het kinders gehadPrins Alexander John van Wallis6 April 18717 April 1871
Notas en verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Edward VII of the United Kingdom
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Lundy, Darryl (2007). Edward VII Saxe-Coburg and Gotha, King of the United Kingdom Macaulay, James (red.) (1889). Speeches and addresses of H. R. H. the Prince of Wales: 1863–1888 Londen: Murray.
Kategorie:Britse monarge Kategorie:Britse Vrymesselaars Kategorie:Huis van Sakse-Koburg en Gotha Kategorie:Geboortes in 1841 Kategorie:Sterftes in 1910