George V (George Frederick Ernest Albert; 3 Junie 1865 - 20 Januarie 1936) was tot met sy dood in 1936 koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse dominiums asook keiser van Indië en die eerste koning van Ierland na dié se onafhanklikwording.
George is gebore tydens die bewind van sy ouma, koningin Victoria. Hy was die tweede oudste seun van Albert Edward, die Prins van Wallis, en die derde aanspraakmaker op die Britse troon ná sy vader en oudste broer, prins Albert Victor. Van 1877 tot 1892 het hy in die Britse Vloot gedien, tot met die onverwagte dood van sy oudste broer vroeg in 1892 wat hom in die direkte lyn van die troonopvolging geplaas het. George het die volgende jaar met sy broer se verloofde, prinses Victoria Mary van Teck, getrou en hulle het ses kinders gehad. Ná koningin Victoria se dood in 1901 het George se vader die troon bestyg as Edward VII en George het die Prins van Wallis geword. Hy het in 1910 koning geword met die dood van sy vader.
Gedurende George se bewind was daar die opkoms van sosialisme, kommunisme, fascisme, Ierse republikanisme en die Indiese onafhanklikheidsbeweging – wat alles die politieke landskap van die Britse Ryk verander het, terwyl die ryk sy territoriale hoogtepunt aan die begin van die 1920's bereik het. Die Parlementswet van 1911 het die oppergesag van die verkose Laerhuis gevestig bo dié van die onverkose Hoërhuis. Weens die Eerste Wêreldoorlog (1914-'18) het die ryke van sy neefs Nikolaas II van Rusland en Wilhelm II van Duitsland geval, terwyl die Britse Ryk sy grootste omvang bereik het.
In 1917 het George die eerste monarg van die Huis van Windsor geword nadat hy die Huis van Sakse-Koburg en Gotha vanweë anti-Duitse sentiment hernoem het. Hy het in 1924 die eerste ministerie van die Arbeidersparty aangestel, en die Verordening van Westminster van 1931 het die ryk se grondgebiede erken as aparte, onafhanklike state binne die Britse Statebond.
George het aan die einde van sy bewind aan rookverwante siektes gely. Hy is met sy dood in Januarie 1936 opgevolg deur sy oudste seun, Edward VIII. Edward het in Desember dié jaar geabdikeer en is opgevolg deur sy jonger broer, Albert, wat die troonnaam George VI aangeneem het.
Vroeë lewe George is op 3 Junie 1865 in Marlborough House, Londen, gebore. Hy was die tweede oudste seun van Albert Edward, Prins van Wallis, en Alexandra, Prinses van Wallis. Sy pa was die oudste seun van koningin Victoria en prins Albert, en sy ma was die oudste dogter van koning Christiaan IX en koningin Louise van Denemarke. Hy is op 7 Julie 1865 in Windsor-kasteel deur die Aartsbiskop van Kantelberg gedoop.
thumb|links|150px|George as 'n jong seun, 1870. As 'n jonger seun van die Prins van Wallis was daar min verwagting dat George koning sou word. Hy was die derde aanspraakmaker op die troon, ná sy vader en oudste broer. George was net 17 maande jonger as Albert Victor en die twee prinse is saam opgevoed. Nie Albert Victor of George het intellektueel presteer nie.Clay, p. 39; Sinclair, pp. 46–47 Omdat hulle vader geglo het die vloot is "die beste moontlike opvoeding vir enige seun",Sinclair, pp. 49–50 het George in September 1877, toe hy 12 jaar oud was, saam met sy broer by die opvoedingskamp van die HMS Britannia by Dartmouth, Devon, aangesluit.Clay, p. 71; Rose, p. 7
Van 1879 af het die twee prinse drie jaar lank op die HMS Bacchante diens gedoen. Hulle het deur die kolonies van die Britse Ryk in die Karibiese See, Suid-Afrika en Australië getoer en Norfolk (Virginië), Suid-Amerika, die Mediterreense gebied, Egipte en Oos-Asië besoek. In 1881, op 'n besoek aan Japan, het George 'n plaaslike kunstenaar 'n tatoe van 'n blou-en-rooi draak op sy arm laat aanbringRose, p. 13 en is hy in 'n oudiënsie deur keiser Meiji ontvang.
Toe hulle na Engeland terugkeer, het die koningin gekla haar kleinseuns kan nie Frans of Duits praat nie; hulle het dus ses maande in Lausanne deurgebring in 'n onsuksesvolle poging om 'n ander taal aan te leer.Clay, p. 92; Rose, pp. 15–16 Ná Lausanne is die broers geskei; Albert Victor het aan Trinity College in Cambridge studeer, terwyl George sy loopbaan in die vloot voortgesit het. Hy het deur die wêreld gereis en baie gebiede van die Britse Ryk besoek.
Huwelik thumb|links|150px|George in 1893.
As 'n jong man wat in die vloot sou dien, het prins George baie jare lank diens gedoen onder bevel van sy oom prins Alfred, Hertog van Edinburg, wat in Malta gestasioneer was. Daar het hy verlief geraak op sy niggie prinses Marie van Edinburg. Sy ouma, vader en oom het die verhouding goedgekeur, maar sy eie en Marie se moeder was daarteen. Die Prinses van Wallis het gedink die familie is te pro-Duits, en die Hertogin van Edinburg het nie van Engeland gehou nie. Die hertogin, die enigste dogter van Aleksander II van Rusland, was gebelgd deur die feit dat sy, as die vrou van die jonger seun van die Britse monarg, sou moes terugstaan vir George se moeder, die Prinses van Wallis, wie se vader 'n mindere Duitse prins was voordat hy onverwags koning van Denemarke geword het. Onder haar moeder se leiding het Marie George se huweliksaanbod van die hand gewys. Sy het daarna getrou met die toekomstige koning van Roemenië.Pope-Hennessy, pp. 250–251
thumb|180px|George en Mary op hulle troudag. In November 1891 het prins Albert Victor verloof geraak aan sy agterkleinniggie prinses Victoria Mary van Teck, wat in haar familie as "May" bekend was.Rose, pp. 22–23 Haar ouers was Francis, die Hertog van Teck ('n lid van 'n morganatiese, jonger seun se tak van die Huis van Württemberg), en prinses Mary Adelaide van Cambridge, 'n kleindogter van George III en 'n niggie van koningin Victoria.Rose, p. 29
Op 14 Januarie 1892, ses weke ná die amptelik verlowing, is prins Albert Victor tydens 'n grieppandemie aan longontsteking oorlede, en George was nou die tweede aanspraakmaker op die troon en die moontlike opvolger van sy vader. George het self pas herstel van ingewandskoors, die siekte wat vermoedelik sy oupa prins Albert se lewe geëis het.Rose, pp. 20–21, 24 Koningin Victoria het Mary steeds as 'n paslike vrou vir 'n kleinseun beskou, en George en May het geheg aan mekaar geraak gedurende hulle gesamentlike routydperk.Pope-Hennessy, pp. 230–231
'n Jaar ná Albert Victor se dood het George Mary om haar hand gevra en sy het ja gesê. Hulle is op 6 Julie 1893 in die Sint James-paleis getroud. Hulle het deur hulle hele lewe toegewy aan mekaar gebly. George, wat moeilik sy gevoelens verbaal kon uitspreek, en Mary het dikwels liefdesvolle briewe uitgeruil.Sinclair, p. 178
Hertog van York thumb|180px|Saam met sy kinders, Edward, Albert en Mary. Foto deur sy moeder, Alexandra, 1899.
Die dood van sy ouer broer het George se vlootloopbaan beëindig, omdat hy nou die tweede aanspraakmaker op die troon was, ná sy vader.Matthew, H.C.G. (September 2004; aanlyn, Mei 2009) "George V (1865–1936)" , Oxford Dictionary of National Biography, Oxford University Press, , besoek op 1 Mei 2010 (inskrywing nodig) Koningin Victoria het George op 24 Mei 1892 die Hertog van York, Graaf van Inverness en baron Killarney gemaak,Clay, p. 149 en hy het lesse in grondwetlike geskiedenis ontvang.Clay, p. 150; Rose, p. 35
Die Hertog en Hertogin van York het vyf seuns en 'n dogter gehad. Volgens Randolph Churchill was George 'n streng vader en was sy kinders bang vir hom. George het glo vir die Graaf van Derby gesê: "My pa was bang vir sy ma, ek was bang vir my pa en gaan deksels seker maak my kinders is bang vir my." In werklikheid is daar geen direkte bron vir dié opmerking nie en sy styl as ouer was waarskynlik maar soos die meeste mense s'n in dié tyd.Rose, pp. 53–57; Sinclair, p. 93 ff
Die gesin het meestal in York Cottage gewoon,Renamed from Bachelor's Cottage 'n relatief klein huis in Sandringham, Norfolk, waar hulle eerder 'n gerieflike middelklasbestaan gevoer het as een van koninklikes.Clay, p. 154; Nicolson, p. 51; Rose, p. 97 George het 'n eenvoudige, byna stil, lewe verkies in teenstelling met die lewendige sosiale lewe van sy vader. Hy het 'n groot rol gespeel in die opbou van die Koninklike Filatelieversameling in die omvattendste versameling seëls van Brittanje en die Statebond in die wêreld.
In Oktober 1894 is George se ma se swaer, Aleksander III van Rusland, dood. Op versoek van sy pa, "uit respek vir die arme, liewe oom Sasja se nagedagtenis", is hy saam met sy ouers na Sint Petersburg vir die begrafnis.Clay, p. 167 Hulle het in Rusland gebly vir die troue van die nuwe Russiese keiser, Nikolaas II, sy ma se susterskind, en een van George se niggies aan vaderskant, prinses Alix van Hesse-Darmstadt, wat eens beskou is as 'n paslike bruid vir George se ouer broer.Rose, pp. 22, 208–209
Prins van Wallis thumb|links|George in 1901 in Montreal en Quebec.
As Hertog van York het George 'n groot verskeidenheid pligte uitgevoer. Ná die dood van koningin Victoria op 22 Januarie 1901 het sy vader die troon as koning Edward VII bestyg.Rose, p. 42 George het die titel Hertog van Cornwallis geërf en was vir 'n groot deel van die res van die jaar bekend as die Hertog van Cornwallis en York.Rose, pp. 44–45
In 1901 het die hertog en hertogin deur die Britse Ryk getoer, onder meer deur Gibraltar, Malta, Ceylon, Singapoer, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Kanada. Die toer is deur die koloniale minister Joseph Chamberlain gereël met die steun van die premier, lord Salisbury, om die dominions te beloon vir hulle deelname aan die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 in Suid-Afrika. George het duisende spesiaal ontwerpte medaljes aan koloniale troepe uitgedeel. In Suid-Afrika het die koninklike groep burgerleiers, Afrikaleiers en Boeregevangenes ontmoet. Hulle is onthaal met uitspattige versierings, duur geskenke en vuurwerkvertonings. Desondanks was nie alle burgers tevrede met die toer nie. Baie Afrikaners was gebelgd daaroor. Kritici in die Engelse pers het die enorme koste afgekeur in 'n tyd toe baie gesinne finansieel swaargekry het.
thumb|Skildery deur Tom Roberts van die hertog wat die eerste parlementsitting van Australië op 9 Mei 1901 open. In Australië het George die eerste Australiese parlementsitting geopen ná die skepping van die Statebond van Australië.Rose, pp. 43–44
Op 9 November 1901 het George die Prins van Wallis en Graaf van Chester geword. Koning Edward wou sy seun voorberei op sy toekomstige rol as koning. In teenstelling met Edward, vir wie koningin Victoria met opset van staatsake uitgesluit het, het George by sy vader algemene toegang tot staatsdokumente gekry.Clay, p. 244; Rose, p. 52 George het weer sy vrou toegang tot die dokumente gegee,Rose, p. 289 want hy het haar raad hooggeag en sy het dikwels gehelp om sy toesprake te skryf.Sinclair, p. 107
Van November 1905 tot Maart 1906 het George en May deur Brits-Indië getoer, waar hy ontstel is deur rassediskriminasie en hy 'n beroep gedoen het dat Indiërs groter betrokkenheid kry in die land se regering.Rose, pp. 61–66 Feitlik direk daarna het die egpaar na Spanje gereis vir die troue van koning Alfonso XIII met George se niggie Victoria Eugénie van Battenberg. Hier het die bruid en bruidegom ternouernood aan die dood ontkom in 'n sluipmoordaanval. 'n Week nadat hulle na Brittanje teruggekeer het, het George en May na Noorweë gereis vir die kroning van koning Haakon VII, George se neef, en koningin Maud, George se suster.Rose, pp. 67–68
Bewind thumb|200px|Portret deur Fildes, 1911.
Op 6 Mei 1910 het Edward VII gesterf en het George koning geword. Hy het nooit van sy vrou se gewoonte gehou om dokumente as Victoria May te onderteken nie en het haar gevra om net een van die name te gebruik. Nie een het gehou van die idee dat sy as koningin Victoria bekend sal wees nie en sy het dus koningin Mary geword.Pope-Hennessy, p. 421; Rose, pp. 75–76
thumb|links|260px|link|Die koning en koningin by die Delhi Durbar, 1911.