duimnael|260px|regs|Proff. Dirk Postma en Jan Lion Cachet by die eerste vyf teologiese studente van die Teologiese Skool Burgersdorp: M. Pelser, S. Venter, L.J. du Plessis, M.P.A. Coetsee jr. en W.J. Snyman.
Prof. Jan Lion Cachet (29 November 1838, Amsterdam – 21 September 1912, Potchefstroom) was ’n predikant en professor in die Gereformeerde Kerk en ’n vroeë Afrikaanse skrywer en digter. Cachet is gebore uit Joods-Portugese ouers as jonger broer van Frans Lion Cachet.K. ter Laan, Letterkundig woordenboek voor Noord en Zuid (1941) In 1849 het die gesin oorgegaan tot die Christendom.http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=35711&cause_id=1270 LITNET. Die Afrikaanse taal: ’n liefdesgeskiedenis Daniel Hugo In 1861 emigreer Cachet na Suid-Afrika as onderwyser. Hy het ’n hom as predikant bekwaam en later ’n professor geword aan die Teologiese Skool op Burgersdorp, waarvan prof. Dirk Postma die rektor was. In 1905 het hy saam met die teologiese skool na Potchefstroom verhuis en ’n paar jaar daarna is hy oorlede.
Dr. B. Spoelstra beskryf Cachet in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek as 'n ernstige, stigtelike en boeiende verkondiger van die evangelie; hy is spesiaal deur die staatspresident, pres. Paul Kruger, ook lidmaat van die Gereformeerde Kerk, geroep om op 27 Augustus 1899 in Pretoria 'n biduur met die oog op die dreigende oorlog te lei. As professor was hy die gemoedelike en toeganklike wat met sy wye Skrifkennis, liefde vir die geskiedenis en praktiese lewenskuns predikante vir diens aan kerk en volk gevorm het, pleks van teoloë. Hy was trots om Jood, Nederlander en Afrikaner te wees, 'n veelsydige en belese mens, 'n skerp en simpatieke waarnemer met kritiese sin, 'n stille leier op kerklike, politieke, opvoedkundige en kulturele gebied, gelykmatig en beheers van temperament, soms geneig tot swaarmoedigheid, maar getemper deur geestigheid en vriendelikheid. In die omgang was hy nederig, opvallend eenvoudig geklee, 'n roepingsbewuste kerkman en volksman.
In Februarie 1909 ontvang hy van koningin Wilhelmina van die Nederlande die offisierskruis in die Orde van Oranje-Nassau. Hy word veral onthou vir sy gedig, "Di Afrikaanse Taal", wat in 1896 in Ons Klyntji verskyn, en later in sy prosawerk Sewe duiwels en wat hulle gedoen het gepubliseer is.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Herkoms en opvoeding Jan Lion Cachet is op 29 November 1838 by Krom Boomssloot 3, Amsterdam, gebore as een van vyf kinders en die derde seun. Sy geslagsregister gaan terug tot in die agtiende eeu. Die Jood Lion (Levie) Calman het met sy seun vanaf die Groot Glogau aan die Oder in Silezië (Pole) vertrek om hulle in Nederland te gaan vestig. Hy was ’n kasjetsnyer van beroep en toe sy seun Calman Lion op 13 Desember 1811 tydens die regering van Napoleon I ’n van moes aanneem, aanvaar hy die van Cachet, alhoewel hy op daardie stadium die eienaar van ’n tabakbesigheid was. Calman Lion se jongste seun, Salomon, is in 1833 met ’n ortodokse Jodin, Rachel Aletta Hamburger, getroud en hulle is Jan se ouers. Een van sy ouer broers is ds. Frans Lion Cachet, wat later NG predikant in Transvaal was, en sy ander broer is Carel.Geni: http://www.geni.com/people/Prof-Jan-Lion-Cachet/6000000008545865249 In 1849 gaan die hele familie, net soos die Hollandse digter Isaac da Costa, onder invloed van die Hollandse Réveil-beweging na die Christendom oorEsaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Cachet,_Jan_Lion en word hulle op 30 September 1849 in die Noorder-Kerk in Amsterdam gedoop. Jan gaan skool by Isaac da Costa se skool en ontvang daarna opleiding as sendeling aan die seminarie van die Vrye Skotse Kerk in Amsterdam. Hy bekwaam hom in 1857 as godsdiensonderwyser en gee tot 1860 onderwys in die skool van die Havenlooze in Amsterdam.LitNet: http://www.litnet.co.za/jan-lion-cachet-1838-1912/
Na Suid-Afrika Cachet kom in Januarie 1861 na Suid-Afrika na aanleiding van 'n oproep deur dr. William Robertson om onderwysers en katkiseermeesters uit Europa vir die NG Kerk. Sy oudste broer en studiemaat, Frans Lion Cachet, was toe reeds in Suid-Afrika werksaam. Hy gee ongeveer twee maande onderwys in die Kaap aan die skool Tot Nut van 't Algemeen en dan tot Maart 1862 aan ’n kerkskooltjie (die Nederduits Gereformeerde Kweekskool) in Breëstraat. Die Kaap is in hierdie tyd egter grootliks onder die invloed van die liberale beweging in die kerk, waar hy hom ontuis voel. Hy gaan dus in April 1862 na Ladysmith in Natal en gee hier onderwys op ’n plaasskool en daarna private onderwys in die distrik. Op sy eie bestudeer hy verskillende tale en word so Frans, Duits en Engels magtig. Op Ladysmith gaan hy van die NG Kerk oor na die Gereformeerde Kerk en besluit in 1865 om hom as predikant te bekwaam. Ná privaat studie onder ds. Dirk Postma (toe nog predikant van Rustenburg) word hy op 27 Julie 1868 toegelaat om as predikant van die Gereformeerde Kerk op Rustenburg bevestig te word.
Na die Gereformeerde Kerk duimnael|regs|180px|Jan Lion Cachet in sy jonger dae. duimnael|links|200px|Zwaantje Lion Cachet (oorl. 1875), prof. Lion Cachet se eerste vrou en oudste dogter uit ds.Dirk Postma se derde huwelik.
In 1869 word hy aangestel as predikant van Burgersdorp en bedien hier tot aan die einde van 1874. Hy word in hierdie tyd saam met Dirk Postma dosent aan die nuut gestigte Teologiese Skool Burgersdorp, wat in 1869 met vyf studente begin. In 1873 begin hy De Maandebode as nie amptelike blad van die kerk, 'n voorganger van die Kerk se amptelike orgaan, Die Kerkblad. Hierin verskyn gereelde bydraes van hom, veral gerig op kinders. Hierna staan hy in die bediening as predikant van Philipstown (1875–1883) en Steynsburg (1883–1891). Terwyl hy in die Kaapkolonie is, laat hy ook sy invloed op politieke gebied geld en was hy onder andere medestigter van die Afrikanerbond en werk hy mee aan die opstel van die grondwet van hierdie bond. Hy word meermale versoek om hom verkiesbaar te stel vir die Kaapse parlement, maar weier omdat hy hom nie aan die Britse regering wil onderwerp nie. Hy was 'n vurige voorstander van 'n Afrikaanse vertaling van die Bybel en was sedert 1886 behulpsaam met die beplanning daarvan. Op sy voorstel word die Statebybel as grondslag geneem.Gereformeerde Kerk Bet-El: http://www.gereformeerd.org/af/geskiedenis/17-jan-lion-cachet
Ná die dood van Dirk Postma in 1890 keer hy terug na Burgersdorp as waarnemende professor in die Teologie tot hy in 1894 sy vaste aanstelling as professor van die Gereformeerde Sinode van Reddersburg kry. Aan die Teologiese Skool was Totius een van sy studente. As enigste hoogleraar was dit sy taak om die hele terrein van die teologie te dek en klas in al die vakke te gee. Hy behartig in hierdie tyd ook die redakteurskap van die koerant De Stem op die dorp. Met die eerste Afrikaanse Taalkongres wat op 15 en 16 Januarie 1896 in die Paarl gehou is, lewer hy 'n lesing oor die aard van Afrikaans. Hier lewer hy ook waardevolle insette oor die vertaling van die Bybel, die oprigting van ’n eie tydskrif (Ons Klyntji) en van 'n eie woordeboek. Volgens die eerste uitgawe van Ons Klyntji in Maart 1896 is die naam van hierdie tydskrif deur hom voorgestel.
Die agting wat daar vir sy bediening was, word onder andere daarin weerspieël dat president Paul Kruger hom spesiaal uitnooi om op 27 Augustus 1899 in Pretoria ’n bidstond oor die dreigende oorlog met Engeland te lei. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog word hy in 1901 weens hoogverraad in hegtenis geneem en in die tronk op Burgersdorp toegesluit omdat hy die rebellie sou steun en ongeoorloofde kontak maak met die Transvalers. Die werklikheid was dat hy hom geroepe geag het om die Woord te verkondig aan afgeleë Boerekommando’s. Goedgesinde Engelse stel toe 'n petisie op vir sy vrylating en weens ’n gebrek aan bewyse teen hom, word hy ná ses weke vrygelaat. Tydens die oorlog was die Teologiese Skool se voortbestaan voortdurend in die weegskaal. Benewens sy eie inhegtenisneming is twee kuratore ook weens hoogverraad in hegtenis geneem. Sy eie seun Calman Efraim (ook ’n voormalige student van hom), drie studente, onder wie Japie Maré, en nog 'n oudstudent het in die Driejarige Oorlog gesneuwel. Ná Calman se dood in 1901 op Poortjie naby Steynsburg, skryf Cachet die hartroerende gedig Leg hem neder naast zijn moeder.
Die Teologiese Skool is in 1905 na Potchefstroom verskuif, hoofsaaklik deur Totius se toedoen, en hy en sy gesin verhuis dan na hierdie dorp, waar hy in Mei 1911 as hoogleraar opgevolg word deur Totius. Hoewel hy in hierdie tyd meermale versoek word om hom vir die parlement verkiesbaar te stel, weier hy om onder die Britse kroon in hierdie amp te dien. Hy lewer egter belangrike insette op die gebied van die onderwys, waar hy ’n sterk voorstander is van Christelik-nasionale onderwys en die Smuts-wet van 1907 in hierdie verband aanval met sy geskrif Niet om te twisten, maar om gewetens wil. In 1909 is hy stigterslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns in Bloemfontein.
Die Dorslandtrek duimnael|regs|350px|Die studente en dosente van die Teologiese Skool in 1892. Voor: J. Kruger, G. Kruger, J.A. du Plessis, J. Henning, G. du Plessis, D. Heystek, J. van der Walt. Middel: J. de Klerk, J.A. van Rooy, prof. Jan Lion Cachet, prof. S. Postma, K. Coetsee, J. Malan, P. van der Walt. Agter: J. van der Walt, J. Kruger, W.J. de Klerk, W. Postma, J. Scheepers, P. van Wyk, J.C. Krüger, P. Coetsee, P.C. Snyman.
duimnael|links|270px|Prof. Cachet en sy derde vrou, Marthie Viljoen, en die kinders uit sy tweede sowel as derde huwelik. Agter: Calman en Petrus. Middel: Francois Nicolaas. Voor: Anna Mirjam (getroude van Van der Walt) en Rachel Aletta (getroude van Van Rooy).
Die Dorslandtrekkers na Suidwes-Afrika en Angola, met wie hy die afkeer van die modernistiese pres. T.F. Burgers van die ZAR gedeel het, beroep hom in 1877 vir die "trekkende gemeente der Gereformeerde Kerk van Zuid-Afrika". Hy bedank, maar probeer tevergeefs terwyl hy nog op Philipstown predikant was, om in opdrag van 'n Kaapse noodlenigingskomitee onder leiding van Jan Hendrik Hofmeyr en ds. W.P. de Villiers en andere, die trekkers in die Kaokoveld in Suidwes-Afrika te bereik (1879–'80). Hy slaag met 'n tweede poging (1881), besoek hulle selfs by hul woonplek op St. Januario, Humpata, in Angola, en dien daarna as kerklike en nasionale informant en skakel vir hulpverlening aan die Dorslandtrekkers.
Afrikaanse nasionale figuur Dr. B. Spoelstra skryf: "Hierdie merkwaardige bekeerde Jood uit Nederland styg tot 'n Afrikaanse nasionale figuur vanweë sy vereenselwiging met kerk en volk, sy ruim geestelike blik en sy profetiese visie in die toekoms van 'n onmondige Afrikaanse volk en taal." As vurige ondersteuner van en medewerker aan die Afrikanerbond van ds. S.J. du Toit behartig hy gedurende die 1880's in Die Afrikaanse Patriot (volgens Spoelstra die "eerste mondstuk van doelbewuste nasionale Afrikanerpolitiek") die rubriek "Zwart pilletjies" waarin hy medisyne vir nasionale siektes voorskryf.
Hy was die politieke raadgewer van die distrik Albert (waarvan Burgersdorp die setel is) waar juis in dié tyd die nasionale bewussyn onder Afrikaners kenmerkend is, en vaste medewerker en selfs redakteur van die plaaslike koerant, De Stem. Hy was 'n doelbewuste kampvegter in die Eerste Afrikaanse Taalbeweging om Afrikaans van spreektaal tot skryftaal te verhef. Onder verskeie skuilname dig en skrywe hy: Ou oom Jan, Pastor, Junior, Neef Jan, Neef Jan wat versies maak, Jan die versiemaker, N.N., en nog ander.
In Mei 1886 adviseer hy die aksiekomitee vir 'n Afrikaanse Bybelvertaling om die geoutoriseerde Nederlandse teks te vertaal om kerklike beroering te voorkom, en bepleit op die Eerste Afrikaanse taalkongres in die Paarl (15 en 16 Januarie 1896) dat die Bybelvertaling van die kerke self moet uitgaan. Cachet het ook 'n leidende aandeel geneem aan hierdie kongres wat ook die Afrikaanse tydskrif Ons Klyntji oprig.