3 Junie is die 154ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (155ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 211 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1455 – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) word diaken van Santa Maria van Xavita. 1707 – Willem Adriaan van der Stel word ontslaan deur die Kompanjie. Johannes Cornelis d’Ableing word waarnemende goewerneur van die Kaap. 1816 – Pous Pius VII veroordeel die werke van Germanos Adam. 1922 – Ds. J.N. Geldenhuys word as eerste leraar van die eertydse NG gemeente Gwelo bevestig. 1944 – Charles de Gaulle word Eerste Minister van Frankryk. 1951 – Pous Pius XII verklaar Pous Pius X salig. 1960 – Die Olifantskamp in die Krugerwildtuin amptelik geopen. 1965 – Edward Higgins White onderneem die eerste Amerikaanse ruimtewandeling vanuit Gemini IV. 1968 – Valerie Solanas skiet Andy Warhol en Mario Amaya by sy ateljee. 2006 – Montenegro verklaar hul onafhanklikheid van Serwië.

Geboortes 1664 – Rachel Ruysch, 'n Nederlandse stillewe- skilder († 1750). 1808 – Jefferson Davis, die enigste president van die Gekonfedereerde State van Amerika gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog († 1889). 1843 – Frederik II, koning van Denemarke († 1912). 1865 – George V, koning van Groot-Brittanje († 1936). 1873 – Gideon Brand van Zyl, Suid-Afrikaanse politikus en sewende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1946–1950) († 1956). 1877 – Raoul Dufy, Franse waterverfskilder († 23 Maart 1953). 1910 – Paulette Goddard, Amerikaanse aktrise († 1990). 1913 – Jack Cope, Suid-Afrikaanse skrywer, digter asook ’n redakteur († 1991). 1914 – Anna Elizabeth Pohl, Suid-Afrikaanse sopraan en sangdosent († 1991). 1931 – John Norman, Amerikaanse skrywer. 1931 – Raúl Castro, broer van Fidel Castro. 1936 – Colin Meads, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2017). 1951 – Jill Biden, Eerste Dame van die Verenigde State. 1957 – Peter de Villiers, voormalige Springbokafrigter. 1958 – Ali Larijani, Iranse politikus, militêre offisier en filosoof († 2026). 1961 – Jothan Msibi, Suid-Afrikaanse taxibedryfleier en sakeman († 2024). 1986 – Rafael Nadal, Spaanse professionele tennisspeler. 1989 – Imogen Poots, Engelse aktrise.

Sterftes 1657 – William Harvey, Engelse dokter wat die bloedsomloopstelsel bestudeer het (* 1578). 1875 – Georges Bizet, Franse komponis (* 1838). 1924 – Franz Kafka, beroemde fiksieskrywer (* 1883). 1937 – Emilio Mola, Spaanse generaal, wie se deelname aan 'n staatsgreep in 1936 die Spaanse Burgeroorlog begin het (* 1887). 1940 – Hagar Brown, ontvoerde slagoffer, taxi-eienaar en slagoffer van die Duitse Nazi-bewind se mediese eksperimente (* 1889). 1963 – Pous Johannes XXIII, gebore as Angelo Giuseppe Roncalli, die 261ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1881). 1975 – Eisaku Satō, Japannese Premier (* 1901). 1989 – Ruhollah Khomeini, Irannese godsdienstige leier en politikus, eerste Opperleier van die Islamitiese Republiek van Iran (1979-1989, * 1902). 2001 – Anthony Quinn, Amerikaanse akteur (* 1915). 2010 – Rue McClanahan, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1934). 2014 – Prof. Cas Janse van Vuuren, Unisa se visekanselier van 1989 tot 1993 (* 1930). 2016 – Muhammad Ali, Amerikaanse bokser en swaargewigwêreldkampioen (* 1942). 2020 – Jeanne Goosen, Afrikaanse skrywer (* 1938). 2024 – Brigitte Bierlein, 'n Oostenrykse juris en politikus (* 1949).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Kategorie:Junie